Superrugby pos Egon Seconds as blaser
Superrugby
Vier Suid-Afrikaners is ingesluit in die groep van 12 skeidsregters wat in vanjaar se Superrugbyreeks sal diens doen.
In 2019 het die groep uit 15 lede bestaan. Suid-Afrika het toe vyf verteenwoordigers gehad, met Egon Seconds wat vir die komende seisoen oor die hoof gesien is.
Volgens die reeks se amptelike webwerf is AJ Jacobs, Jaco Peyper, Rasta Rasivhenge en Marius van der Westhuizen die enigste plaaslike blasers op die paneel.
Hulle sluit hul aan by vier Nieu-Seelanders (Mike Fraser, Ben O’Keeffe, Brendon Pickerill, Paul Williams), drie Australiërs (Nic Berry, Angus Gardner, Damon Murphy) en ’n Argentyn (Federico Anselmi).
Nieu-Seeland se verteenwoordiging is vanjaar met twee gesny.
“Dit is ’n baie gevestigde paneel en intieme groep van 12 skeidsregters. Hulle sal, soos met die geval in 2019, in groepe van vier saamwerk,” sê Lyndon Bray, Superrugby se skeidsregter-bestuurder.
Die paneel het onlangs ’n beplanningskamp by die Stellenbosch Akademie vir Sport bygewoon ter voorbereiding vir die nuwe seisoen.
“Die kamp het die skeidsregters toegelaat om verder te beplan en ontwikkel met die volgende kerndoel in gedagte, ‘Hoe kan ons as beamptes ’n suksesvolle Superrugbywedstryd help lewer?’
“Die mikpunt is om die talentvolle spelers in die reeks by te staan om hulle beste rugby te lewer,” sê Bray.
“Daar is ’n baie interessante voorlegging gedoen deur Rassie Erasmus, afrigter van die Bok-span, wat verlede jaar die Wêreldbekertoernooi gewen het.
“Die SuperSport-kommentaarspan het ook ’n voorlegging gedoen oor hoe die toernooi uitgesaai en bemark word en dit is saamgestel om die skeidsregters te help verstaan hoe hulle en die toernooi binne die sportwêreld beskou word.
“Dit sluit in vuilspel, verskillende drie scenario's, mededingende skrums (wat minder oorgeset word), dat spanne wat sterk rolmaal vanaf lynstane toegelaat word om hul rolmaal te gebruik en dat ons ruimte skep vir spanne om met selfvertroue aan te val.”
Volgens Andy Marinos, Sanzaar se uitvoerende hoof, is die getal skeidsregters van 15 tot 12 verminder nadat hulle vertonings verlede jaar deeglik hersien is.
“Ons glo hierdie kleiner groep sal meer konstante vertonings lewer en ’n beter kritiese denkproses aan die dag lê om te verseker Superrugby lewer ’n fantastiese skouspel vir die spelers en die aanhangers,” sê Marinos. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie