Susan haal WP, sien uit na provinsiale skouspel
Susan haal WP, sien uit na provinsiale skouspel

Susan haal WP, sien uit na provinsiale skouspel

Netbal
Andrew Poolman
Die Namibiese netbalspeler Susan van Zyl het die afgelope dae na Windhoek teruggekeer en deelgeneem aan die nasionale oefengroep se sessies, asook 'n paar vriendskaplike oefenwedstryde.

Van Zyl, wat gedurende 2018 vanweë 'n werkaanbod na Kaapstad verhuis het, is onlangs gekies om die Weste­like Provinsie se A-span te verteen­woordig by Suid-Afrika se komende senior nasionale toernooi, wat van 6 tot 12 Desember op Bela Bela in Limpopo gehou gaan word.

“Dit sal die eerste keer wees wat ek deel van so 'n groot toernooi sal wees en ek voel baie geëerd om hierdie geleentheid te kan bywoon. Die hele Suid-Afrika se provinsies speel teen mekaar en die kompetisie is baie sterk,” sê Van Zyl, wat tevore klubnetbal vir Wanderers gespeel het.

“Ons WP-span is baie opgewonde oor die nasionale toernooi.”

Sy dra nie kennis van enige ander Namibiërs wat aan die toernooi in Limpopo gaan deelneem nie.

Die nasionale netbalspan, die Desert Jewels, het verlede jaar puik opgang gemaak deur onder afrigterskap van me. Julene Meyer 'n internasionale toernooi in Maleisië te wen. Kort ná die aankoms van Covid-19 in die land het Netbal Namibië aangekondig dat hy vir die res van die jaar geen plaaslike wedstryde of toernooie sou reël nie, hoewel aktiwiteite intussen wel aan die gang gesit is om weer momentum te begin kry.

“Ek voel ewe geëerd om van die Namibiese oefensessies en wedstryde deel te wees; ek bereik vir seker nuwe hoogtes in my sportloopbaan en wil graag ander vroue van my ouderdom, asook die jongelinge, weer moed en hoop gee,” sê Van Zyl.

Sy sê haar gunsteling motiverende aanhaling in sport is: “Ons talente is 'n geskenk van God. Wat ons met ons talente doen, is ons geskenk terug aan Hom.”

Suid-Afrika se se binnenshuise interprovinsiale netbaltoernooi (IPTs) is vanweë Covid-19 gekanselleer en tot volgende jaar uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!