Susanna Hoff gevonnis
Susanna Hoff gevonnis

Susanna Hoff gevonnis

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die Windhoekse sakevrou Susanne Hoff wat op 23 Februarie skuldig bevind is aan poging tot moord op haar vermeende man, Egbert Hoff, is vanoggend in die streekhof in die hoofstad gevonnis.
Die 56-jarige Hoff is 'n boete van N$30 000, of ses jaar gevangenisstraf, opgelê. Verder het sy nog twee jaar gevangenisstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is onderhewig aan sekere voorwaardes.
Dit is dat sy haar nie weer aan so 'n oortreding skuldig maak nie en dat sy 300 ure se gemeenskapsdiens by Hope Village in Havana, Katutura, moet voltooi.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer