Susanne Hoff skuldig aan poging tot moord
Uitspraak is gelewer in die verhoor van 'n advertensiemaatskappy-eienaar wat van sameswering tot die moord op haar man beskuldig is.
Jacqueline Louw – Susanne Hoff (56), wat teregstaan op ’n aanklag van sameswering om haar man, mnr. Egbert Hoff, te vermoor, is gister deur landdros Alexis Diergaardt in Windhoek se streekhof skuldig bevind aan poging tot moord.
Hoff, wat onskuldig gepleit het tydens die verhoor, is deur Diergaardt vrygespreek op die klag van sameswering tot moord.
Diergaardt het gesê die staat se getuies het voorgegee om met Hoff in die beweerde sameswering saam te speel.
“Sameswering kan net bestaan as daar ’n duidelike ooreenkoms tussen ten minste twee persone is om ’n misdaad te pleeg, andersins kan dit nie as sameswering beskou kan word nie,” was die landdros se standpunt.
Die staat het aangevoer Hoff het drie mans gewerf om haar vervreemde man teen vergoeding seer te maak of te vermoor.
Staatsgetuies, mnre. Wilbard Malima en Jekonia Shipepe, het tydens die verhoor getuig dat Hoff hulle gevra het om haar man te vermoor en dat sy N$25 000 hiervoor aangebied het.
Diergaardt het in haar uitspraak genoem dat getuies drie verskillende weergawes van die storie aan die hof vertel het.
Mnr. Egbert Hoff het getuig ene Malima hom ’n paar keer in November 2011 geskakel om ou motorbande te koop.
Daar is besluit om dié transaksie op 30 November om 17:00 te beklink.
Mnr. Hoff het ook getuig dat hy op dié dag deur ’n beampte van die polisie se dwelmafdeling geskakel is om hom te waarsku teen ’n moontlike aanslag op sy lewe.
In haar opsomming van getuienis wat in die hof gelewer is, het Diergaardt genoem dat Malima getuig het Hoff het hom versoek om mense te vind om haar man se rug te breek.
Malima het ook getuig dat Hoff se instruksies later verander het na ’n versoek om haar man te vermoor.
Malima het aan die hof vertel Hoff het hom na die plaas waar die paartjie gebly het, geneem en ’n stapel ou motorbande uitgewys waaronder die liggaam geplaas moes word.
Hoff se getuienis is deur die landdros verwerp.
Sy het erken dat sy in kontak met Malima en Shipepe was, maar volgens haar was dit omdat sy wou hê hulle moes hulself as perdekopers aan mnr. Hoff voordoen.
Sy het die hof meegedeel dat sy vermoed het dat haar man perde, wat aan haar behoort het, verkoop het en die geld vir homself gehou het.
Sy wou glo bewys dat haar vermoedens reg was.
Op daardie stadium was haar huwelik op die rotse, het sy gesê.
Hoff het ook getuig dat sy aan Malima voorgestel is toe sy na iemand op soek was wat skuldinvordering vir haar advertensiemaatskappy kon doen.
Sy het gesê sy is deur ene Fanuel Haiduwa aan Malima voorgestel om skuldinvordering namens haar te doen.
Diergaardt het bevind dat, hoewel Haiduwa se getuienis teenstrydighede bevat het, sy dit aanvaar.
Hy sou geen geldelike voordeel trek uit die beweerde onderhandelinge tussen Hoff, Malima en Shipepe nie en die hof het gevolglik geen rede gehad om sy weergawe in twyfel te trek nie.
Die landdros het in haar uitspraak gesê sy aanvaar die weergawe dat geld aan Malima en Shipepe aangebied is om mnr. Hoff te vermoor.
Malema en Shipepe het tydens die vehoor getuig dat hulle Hoff se geld aanvaar het, maar dat hulle nie beplan het om mnr. Hoff dood te maak nie – hulle het net saamgespeel.
Diergaardt het Hoff skuldig bevind aan poging tot moord omdat daar ’n poging aan Hoff se kant was om die moord te laat plaasvind.
Sy het betalings gemaak om dit te laat gebeur en Malema en Shipepe selfs gewys waar om die liggaam te begrawe.
“Sy het die plan tot aan die einde deurgevoer," het die landdros in haar uitspraak gesê.
Die staat het die hof versoek om Hoff se borgtog te kanselleer, maar Diergaardt het dit tot 3 Maart verleng, wanneer regsverteenwoordigers betoë vir verswarende en versagtende omstandighede vir vonnisoplegging sal lewer.
Adv. Esi Schimming-Chase en Karin Klazen behartig Hoff se verdediging en staatsaanklaer Samantha Diergaardt verteenwoordig die staat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie