Susanne Hoff wag op vonnis
Die Windhoek se sakevrou wat aan poging tot moord op haar vervreemde man skuldig bevind is, hoor Vrydag haar lot.
Jacqueline Louw
Die 56-jarige Susanne Hoff was verlede Vrydag weer in die getuiebank in die opspraakwekkende hofsaak waarin sy daarvan beskuldig is dat sy met drie mans saamgesweer het om haar eggenoot, mnr. Egbert Hoff, te vermoor.
Hoff is onskuldig bevind op die klag van sameswering tot moord, maar skuldig bevind aan poging tot moord.
Hoff het op 3 Maart in die Windhoek se streekhof getuienis voor landdros Alexis Diergaardt gelewer oor haar persoonlike omstandighede ter versagting van haar vonnisoplegging. Sy het aan die hof vertel hoe haar advertensiemaatskappy ten gronde gegaan het nadat sy op 30 November 2011 in hegtenis geneem is in verband met die beweerde sameswering om mnr. Hoff te vermoor. Sy was vir meer as vier maande in aanhouding, tot April 2012, toe sy suksesvol was in 'n borgtogaansoek in Windhoek se hoërhof.
Sy het die hof meegedeel sy sukkel om haar finansiële verpligtinge na te kom en haar kinders se studies te betaal met die inkomste wat sy uit vertaling en die bemarking van plaasprodukte en 'n Namibiese medisinale plant verdien.
Hoff se regsverteenwoordiger, adv. Esi Schimming-Chase, het die hof versoek om 'n vonnis soos gemeenskapsdiens of 'n boete op te lê, eerder as gevangenisstraf. Sy het verder versoek dat indien tronkstraf opgelê word, dit 'n opgeskorte vonnis behoort te wees. Sy het uitgewys dat Hoff 'n goeie landsburger is en dat daar geen rede is om haar uit die gemeenskap te verwyder nie.
Die staat se saak is dat poging tot moord 'n ernstige klag is en dat Hoff die uitvoering van die komplot goed beplan het.
“Dit was nie 'n handeling op die ingewing van die oomblik nie,” het staatsaanklaer Samantha Diergaardt betoog. Sy het verder betoog dat mnr. Hoff moontlik dood sou gewees het indien die twee mans wat Hoff na bewering gevra het om hom te vermoor, die plan deurgevoer het. Hulle wou glo nie meer aan die komplot deelneem nie en het die polisie daarvan verwittig.
Hoff het onskuldig gedurende die verhoor gepleit en getuig dat sy twee mans gevra het om hulself as perdekopers voor te doen aan haar man, wat sy daarvan verdink het dat hy perde wat aan haar behoort het, verkoop het en die opbrengs vir homself gehou het.
Die staat het beweer Hoff het met drie mans saamgesweer om haar man te vermoor.
Schimming-Chase het aangevoer dat die vermeende huurmoordenaars 'n motief gehad het om Hoff valslik te beskuldig, omdat hulle die N$10 000 wat sy aan hulle gegee het vir 'n deposito vir 'n perdetransaksie, spandeer het. Die landdros was egter van mening dat hulle met die geld kon verdwyn het en dat dit nie vir hulle nodig was om die polisie te nader om 'n lokval vir Hoff te stel nie. Hoff sal op Vrydag 10 Maart gevonnis word.
Sy is deur Schimming-Chase en me. Karin Klazen, 'n prokureur, verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie