Sussex se rol in doeltreffende kruisteling
Boeredag op plaas Wiese
Die Sussex beskik oor uitstekende eienskappe wat dit ’n aanwins in ’n goedbeplande kruisteelprogram maak.
“Heterose, of basterkrag, is die kragtigste hulpmiddel vir waardetoevoeging tot vleisbeeste.” Kiep Lepen Stoetveekenner
Ronelle Rademeyer - Die Britse Sussex-ras is dalk nie die grootste en bekendste beesras in Namibië nie, maar is ’n ras wat groot waarde tot beesboere in die land se kruisteelprogramme kan voeg.
Daarom was die Mega Sussex-saamtrek op 5 en 5 April op die plaas Wiese van Werner en Renate Bader die ideale geleentheid om met die Sussex-telers in suidelike Afrika skouer te skuur en meer oor die ras te wete te kom.
Meer as 100 mense het hierdie twee inligtingsdae op die Baders se plaas oos van Rehobht bygewoon. Dit het al die Namibiese Sussex-telers asook sowat 20 telers uit Suid-Afrika ingesluit.
Dit was dan ook die stoetveekenner, Kiep Lepen, se lesing oor die gebruik van Sussex in suksesvolle kruisteling in Namibië, wat groot belangstelling ontlok het.
Verder het die Suid-Afrikaanse dierevoedingkundige, Craig Shepstone, oor voedingsaanvullings vir wild, beeste en skape gepraat en Johan van Eck, ’n weidingkundige, het oor die beginsels van goeie weiveldbestuur ’n lesing gegee.
Werner het as gasheer ook ’n oorsig van sy boerdery en die Dancel Sussex-kudde gegee en keurders het in die kraal prakties getoon na watter eienskappe daar tydens die seleksie van verse en bulle gekyk word. (Skandeer die QR-kode by hierdie artikel om na ’n video te kyk waarin Werner vertel waarom hy Sussex vir kruisteling aanbeveel.)
VOODELE VAN KRUISTELING
Volgens Kiep kan die Sussex sinvol in kruisteling gebruik word om die doeltreffendheid van produksie te verhoog.
Hy het egter in dieselfde asem gemaan teen onbeplande en ondoeltreffende kruistelingsprogramme wat bloot tot ’n verbastering van rasse lei.
Doelgerigte en goedbeplande kruistelingstrategieë is belangrik vir sukses en daarom moet boere kennis van rasse en hul aanwending hê. Goeie bestuursvaardighede, deeglik beplande infrastruktuur en voldoende kampe is ook noodsaaklik, het hy gesê.
“Heterose, of basterkrag, is die kragtigste hulpmiddel vir waardetoevoeging tot vleisbeeste,” sê Kiep. Deur middel van kruisteling kan beeste geproduseer word wat minder vreet, maar vinniger groei – wat vleisproduksie verbeter en koste verminder.
“Heterose is die genetiese voordeel wat die nageslag toon deur die vermenging van die ouers se gene en komplimentariteit is die wyse waarop twee of meer eienskappe kombineer, of mekaar aanvul, om die voortreflikheid van ’n dier te bepaal. Kruisteling ontgin die basterkragkomponente van rasdiversiteit en hul komplimentêre bydrae,” het hy verduidelik.
Beesrasse word in twee spesies verdeel, naamlik Bos taurus en Bos indicus. Eersgenoemde is die kontinentale en Britse vleisrasse van Europese oorsprong, terwyl Bos indicus, of Zebu-rasse, vanuit Asië, Indië en Afrika afkomstig is. Hulle het ’n skof en lang ore.
Rasse verskil van mekaar ten opsigte van grootte, vrugbaarheid, bespiering, melkproduksie, kalfgrootte, karkaseienskappe (maer of vet), gehardheid en haarkleur.
Rasse word geklassifiseer as vroegryp-tipes (kleinraam) of laatryp-tipes (grootraam). Dit verwys na die ouderdom van karkasvolwassenheid, die vetneerlegging en graderingsvermoë asook die ouderdom waarop die dier puberteit bereik, sê Kiep.
Die verbetering van speenmassa word uitgedruk in die persentasie wat die nageslag swaarder weeg as die gemiddelde speengewig van die ouers. Verhoogde vrugbaarheid in die geval van Bos taurus x Bos indicus-kruisings, word grootliks aan heterose toegeskryf.
Só word geteel vir kruiskoeie wat meer vrugbaar is, langer leef en meer doeltreffend is.
Kruiskalwers is meer gehard en het ’n beter oorlewingsvermoë as gevolg van ’n sterk ontwikkelde imuunstelsel.
Kruiskoeie ontwikkel beter immuniteit met inenting en voorsien kalwers van kolostrum wat meer teenliggaampies bevat. Kruiskalwers is dus gesonder as suiwer kalwers.
Daarbenewens groei kruiskalwers vinniger en bereik swaarder gewigte.
Kruiskalwers pas ook beter aan by sub-optimale omgewings, het hy verder verduidelik.
WAAROM SUSSEX?
Die Sussex het die volgende eienskappe:
· Vroegryp, mediumraam-ras met lae onderhoudsbehoefte;
· Produseer ligte kalwers met geboorte;
· Produseer swaar speenkalwers;
· Bereik puberteit vroeg;
· Sit vroeg vet aan op die veld; en
· Produseer ideale kalf vir intensiewe afronding.
Kiep sê navoring wat by die Omatjenne-navorsingsplaas buite Otjiwarongo gedoen is, toon die Sussex is ideal as bul in terminale kruisteling vanweë die volgende redes:
· Dekvermoë (het ’n besetting van 92,8%);
· Maklike kalwing;
· Geboortemassaverhouding van 9%;
· Goeie speengewigte (211 kg); en
· Doeltreffende speenmassaverhouding.
Navorsing wat hy op sy plaas Penwood gedoen het ten opsigte van die speengewigte van kalwers van verskillende rasse op ouderdom 7 maande, het die volgende aan die lig gebring:
· Nguni 195 kg
· F1 Nguni x Brahman 212 kg
· Simbra 213 kg
· Limousin 226 kg
· Sussex 220 kg
KIES AANGEPASTE BUL
Volgens Kiep is ’n aangepaste bul een wat vroeër geslagsryp is, ’n goeie libido het, ’n aanvaarbare kwaliteit semen produseer, 90% besettingsyfer in ’n beperkte teelseisoen sonder noemenswaardige gewigsverlies gee en vrugbare verse teel.
Hy het egter gemaan dat om veldaangepaste bulle te teel, ’n groot uitdaging is en bepaalde eise aan telers stel. Hierin speel die produksie-omgewing en die vlak van bestuur ’n groot rol, het Kiep ten slotte gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie