Suurstof vir elke bed
Henriette Lamprecht – Tans is enige Covid-19-pasiënt wat hospitalisasie vereis, verseker van ‘n bed met suurstoftoevoer.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste is meer as 1 000 beddens by staatshospitale oraloor die land ontplooi. Dit sluit in Windhoek Sentraal (72), Katutura (410), Robert Mugabe-kliniek (17), Walvisbaai (122), Swakopmund (26), Mariental (20), Rehoboth (36), Oshakati (80), Onandjokwe (37), Eenhana (12), Okongo (8), Nkurenkuru (12), Rundu (28), Katima Mulilo (16), Outapi (32), Okahao (12), Gobabis (26) en Keetmanshoop (24). Tans is daar 143 ICU-beddens.
Volgens Shangula het tesame met die toename in hospitalisasies, die stygende aantal sterftes sowel as die vertraging in die begrafnisse van oorledenes die aanvraag op ruimte in lykshuise verhoog. Dit word vererger deur die beperkte kapasiteit van private begrafnisondernemers om begrafnisse betyds uit te voer. Ook word ‘n tekort aan kiste ervaar.
Om bykomende ruimte in lykshuise te skep, het die staat twee verkoelde vraghouers met 32 kajuite elk by die staatslykhuis by die Windhoek Sentrale Hospitaal afgelewer. Een verkoelde vraghouer met 25 kajuite is deur ‘n private maatskappy by die hospitaal op Mariental afgelewer, terwyl nog ‘n private maatskappy ‘n verkoelde vraghouer met 45 kajuite by die hospitaal op Okahandja afgegee het.
‘n Verkoelde vragmotor met 45 rakke staan by die Grootfontein-hospitaal, terwyl vier verkoelde vraghouers tans met 16 rakke elk toegerus word en bestem is vir Otjiwarongo, Gobabis, Keetmanshoop, Onandjokwe en Outapi. Nog ‘n verkoelde vraghouer met 16 rakke gaan op Rehoboth afgelewer word. Dit beteken ‘n bykomende ruimte vir 214 liggame.
Volgens Shangula is die meeste van die oorskot wat reeds vir jare in lykshuise gelê het, begrawe of veras.
Die minister het ook verwys na verskeie installerings vir suurstoftenks wat onder meer by die Katutura- en Walvisbaai se staatshospitale installeer is.
Hy het erken die huidige voorvalle van plundering en geweld in Suid-Afrika kan moontlik ‘n bedreiging vir aflewering van suurstof aan Namibië inhou.
Shangula het bevestig 250 000 dosisse Sinopharm kom Saterdag in die land aan en sal onmiddellik landswyd versprei word. Die aflewering van 40 800 dosisse AstraZeneca van Covax word ook volgende week verwag. Die regering het ook 333 333 dosisse Johnson & Johnson aangekoop wat vanaf Augustus tot Desember in fases afgelewer sal word. Van dieselfde entstof word nog 168 000 doses tussen Julie en September verwag.
Die Covid-19-regulasies wat vandag om middernag verstryk, is vir ‘n verdere 16 dae verleng.
Pres. Hage Geingob het tydens die 31ste Covid-19-nuuskonferensie by Staatshuis gesê die kabinet het besluit die situasie in die land noodsaak hierdie besluit. Hy het verwys na die toename in die getal mense wat tuis sterf en die gemeenskap van Rehoboth geloof vir maatreëls wat getref is om met die hulp van mediese kundigheid, mense tuis te verpleeg. Hy het ‘n beroep op ander gemeenskappe gedoen om, in konsultasie met die gesondheidsministerie, dié voorbeeld te volg.
Geingob het gesê die druk op invoere uit Suid-Afrika vanweë onluste in die buurland, skep nuwe geleenthede vir Namibië.
Volgens hom gaan die plaaslike suurstofleweringsvermoë met die beskikbaarheid van geld deur die staatspensioenfonds (GIPF) verbeter word.
Net so gaan meer doodskiste plaaslik vervaardig word – ‘n inisiatief, sê hy, om geleenthede vir jongmense te skep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie