Suurstofnood by Oshakati-hospitaal
Shangula smeek Namibiërs om hulle te laat inent
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die staatshospitaal op Oshakati se suurstofstelsel is buite werking en die hospitaal is afhanklik van silinders om ’n ondersteuningstelsel aan pasiënte te bied.
Dié silinders hou net drie ure per pasiënt – en dít terwyl al die beddens tans vol is.
Namibië het tot dusver 67 021 Covid-19-gevalle en 1 008 verwante sterftes aangeteken, terwyl slegs 15 999 mense teen Dinsdag volledig ingeënt is.
Teen Dinsdag het die land 406 mense gehad wat in hospitale opgeneem is, 79 in intensiewesorgeenhede en 26 in die hoësorgeenheid.
Ons susterkoerant Namibian Sun het tevore berig die Oshakati-hospitaal is al vir weke nie in staat om die teatergevalle wat narkose benodig te hanteer nie. Die Oshikuku-hospitaal het Oshakati gehelp met dringende gevalle wat nie kon wag nie.
Die netelige situasie het gesinne gedwing om hospitale oraloor die land te skakel om ’n plek te kry vir pasiënte wat suurstof benodig.
Die direkteur van gesondheid vir die Oshanastreek, me. Johanna Haimene, het Namibian Sun na die hoofkantoor verwys vir antwoorde, want “dit is nou ’n nasionale kwessie”.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het Woensdag aan Namibian Sun gesê die silinders is nie ’n langtermyn-oplossing nie, maar die ministerie moet mense aan die lewe hou en het geen ander keuse nie.
Shangula het ook uitgewys dit is ’n duur affêre vir die ministerie en hulle vrees die silindervoorraad sal opraak, aangesien dit reeds min raak.
“Die verskaffers sukkel. Stel jou voor sommige van hulle sê vir ons hulle sal die probleem binne ses weke oplos, terwyl ons deurlopend suurstof soos in gister nodig het.”
Die minister het ook ’n dringende beroep op Namibiërs gedoen om hulle te laat inent. Hy sê die stelsel is oorweldig en die beste raad is om nié in die hospitaal te beland nie. Hy het gesê die ministerie werk deurentyd om die krisis op te los.
“Ons kan nie mense laat doodgaan as gevolg van ’n suurstoftekort nie. Dit is onaanvaarbaar. Dis een ding om geïnfekteer te word en te weet jy het alles in jou vermoë gedoen om dit te verhoed, eerder as om roekeloos te leef,” het hy gesê.
Shangula het gesê Namibiërs moet ophou om hulle te gedra asof alles normaal is, soos wat die lewe in Maart 2020 voor die uitbreking van die pandemie was.
ENTSTOF-VOORDELE
Intussen het die hospitaal se waarnemende mediese superintendent, mnr. Asumani Kibandwa, gesê mense moet ophou verkondig dat die entstof nie die virus keer nie, aangesien dit nooit die geval was nie.
Kibandwa sê die inenting is veronderstel om die risiko van infeksie te verlaag, wat beteken mense beskerm hulself en dié rondom hulle.
“Die inenting verminder jou kans om dood te gaan. Die inenting verlig ook die las op die gesondheidstelsel, veral in terme van finansiële en menslike hulpbronne, en beskerm die sosio-ekonomiese situasie in die land,” het Kibandwa gesê.
Hy het Shangula se sentimente beaam, naamlik dat die inenting die algemene gesondheid van die publiek sal verbeter sodra groep-immuniteit in die land bereik is.
“Sodra almal ingeënt is, sal dit die proses om terug te keer na die normale manier van leef – geen maskers, geen sosiale afstand en normale byeenkomste – versnel en vergemaklik.”
– [email protected]
FOTO’s
Die Oshakati-hospitaal se waarnemende mediese superintendent, mnr. Asumani Kibandwa. Foto Tuyeimo Haidula
Die Oshakati-hospitaal is afhanklik van suurstofsilinders, wat net drie ure per pasiënt hou. Foto Tuyeimo Haidula

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie