• Tuisblad
  • Sake
  • Sóveel sal nuwe battery vir jou iPhone in SA kos
Su00f3veel sal nuwe battery vir jou iPhone in SA kos
Su00f3veel sal nuwe battery vir jou iPhone in SA kos

Sóveel sal nuwe battery vir jou iPhone in SA kos

Nadat Apple in Desember koponderstebo moes erken dat hy wel ouer iPhones stadiger maak, het die maatskappy verduidelik dit is omdat die verswakte batterye nie meer die gevorderde sagteware kan hanteer nie.

In ’n poging om te keer dat ouer iPhones vries, het die maatskappy stil-stil dié fone se verwerkingspoed verlaag, totdat hy uitgevang is.

Kort daarna het die Kaliforniese tegnologiereus aangekondig dat eienaars van die iPhone 6 en nuwer fone kwalifiseer vir ’n afslagprys om hul foon se battery te laat vervang. In Amerika is die prys byvoorbeeld van US$79 tot US$29 verlaag.

MyBroadband berig dat die prys plaaslik R429,78 sal beloop, mits jou foon nie meer onder waarborg is nie. Hierdie spesiale afslagprys geld deur die loop van 2018 en daar kan net een keer daarvan gebruik gemaak word per toestel.

Eienaars van die iPhone SE, 6, 6 Plus, 6s, 6s Plus, 7 en 7 Plus kan die plaaslike iStore se webwerf besoek en ’n afspraak maak om die battery teen die afslagprys te laat vervang. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!