Sven-Eric dans sy hart uit
Narcissiste saai groot verwoesting, maar hulle inspireer ook balletopvoerings, meen ’n Namibiese danser.
Denver Kisting – Toe Sven-Eric Müller onder druk ’n lys van 10 gunstelinge moet neerpen, haal connection die eerste plek.
Hy sê hy was ’n vreemde kind. Altyd anders. Immer aan die beweeg. Deurgaans aan die dans.
Maar ons samelewing het nie die luukse om andersheid te omarm nie. Ons trek nie net ons neuse op nie. Ons oordeel ook graag. Veral in die Namibiese Huis is andersheid onwelkom.
So geniepsig soos kinders kan wees, is hy verskriklik oor sy eksentrieke aard geboelie. “Kinders is aaklig,” onthou hy op ’n hotelstoep in Windhoek die afgelope Sondag.
Sy redding was sy “wonderlike suster”. Om een of ander rede het sy altyd die gewilde groepies gehaal en hy kon gate crash.
Dié 28-jarige boorling van Swakopmund sê hy bly dankbaar dat sy ouers, ondanks ’n egskeiding, en twee susters, altyd ’n veilige hawe gebied het. Wanneer dit rof geraak het op die speelgrond was sy troos sy geborgenheid tuis.
Al drie sibbe is op dieselfde dag gebore – Sven-Eric en Juliane op een dag en Bronwin vyf jaar vroeër.
“My ma het ’n wonderlike baarmoeder.”
Hy sê hy was snaaks genoeg vandat hy kan onthou obsessief oor vroue, maar moes op 25 jaar besef die geboelie in sy kindertyd het tot skanse bygedra.
Toe dié mure uiteindelik in duie stort, moes hy as’t ware aan die man in die spieël uit die kas tuimel.
Omdat hy baie ingetoë is en in sy bedryf geleer het hoe om goed toneel te speel, vermoed hy hy het ondanks “my eksperimentele fase” langer in die kas vertoef as wat hy andersins sou.
“My hekke was toe. Op 25 het iets verander. Toe reën dit op my: Ek is gay.”
Eie aan hul ondersteunende aard het dié nuus nie sy gesin onkant betrap of ontsenu nie.
“It was such a non-conversation. Selfs met my pa – hy het vir my gesê: ‘Jy weet jy is steeds my seun, nè.’”
Hy besef baie goed dié is nie almal se uitkomwerklikheid nie.
“Ek het baie vriende, wat ’n heel ander ervaring het. Baie van die skaamte wat jy saamdra as ’n gay man spruit uit die geboelie. Daar kom egter ’n punt wat ons as gay mans en vroue ’n ander standaard moet stel.”
Ná hoërskool langs die Namibiese kus het hy koers gekies Kaapstad toe waar hy dans en musiekteater bestudeer het.
Die tafel vir dié keuse is eintlik al op skool gedek, sê hy.
“Ek het altyd goed op skool gechoreografeer. Regtig onbenullige goed, maar terselfdertyd bousteune vir my toekoms.”
Met vier jaar se studies agter die blad het hy voltyds by veral musiekteaters betrokke geraak.
Hoewel dit ’n bestendige inkomste verseker en mens jou hart uitdans, het ’n mens ongelukkig vir min ander goed tyd. “Dit stop jou lewe. Jy doen agt vertonings per week met net een dag af. Ek het opgehou met musiekteater en dit is waarom ek hier is.”
Sven-Eric het gisteraand geboorte geskenk aan Aivilo, ’n kontemporêre balletproduksie.
Aivilo, ’n blinkoog jongeling, kom van aangesig tot aangesig met een van die lewe se mees waaghalsige uitdagings.
Ten spyte van haar verbete pogings om sterk te staan en weerstand te bied, bevind sy haar in ’n stadium midde-in ’n bose ruimte uit ander wêrelde.
Haar broer, Lilo, sluit by haar aan terwyl sy die voortslepende toutrek tussen goed en sleg ontgin in wat beloof om ’n visuele kragtoer te wees, sê die regisseur.
Hy ken die pyn wat mens te beurt val wanneer mens paaie en swaarde kruis met selfbehepte narcissiste, sê hy.
Die ellende wat hieruit ontstaan, is egter wat die produksie deels geïnspireer het.
Dit is op die verhoog waar mens kan uiting gee aan jou diepste, rouste gevoelens. Dis ook hier waar hy heling vind.
Hy is geen vreemdeling vir groot produksies nie. Trouens, hy het al in moderne verwerkings van The Rocky Horror Picture Show, Funny Girl en Westside Story in die naburige Suid-Afrika verskyn.
So onlangs soos verlede maand het ons hom in Sandy Rudd se hulde aan die Namibiese kunstenaar John Mufangejo se I am John gesien en gehou van wat ons gesien het.
Hoewel dans en toneelspeel sy lewe is, is daar veel meer aan hom, besef mens gou.
Naas egter interaksie met mense, lê veganistiese roomys baie na aan die hart van dié krulkopman, wie se kuite die ure en ure se dans bevestig.
Diep, emosionele intellektuele gesprekke maak hom amper so entoesiasties soos die stil oomblikke voor dagbreek.
Sven-Eric sê die reinheid van diere se emosies tref hom diep.
Sy Duitse wortels stel hom aan die kaak met sy voorliefde vir bier, maar hy koester terselfdertyd waardering vir ’n glas wyn aan die einde van ’n lang dag.
Ter voorbereiding van Aivilo was daar talle lang dae die afgelope paar weke.
Ondanks, dalk weens, die feit dat hy gedeeltelik in Kaapstad woon, maak reën hom ook baie opgewonde.
En, omdat daar niks gemiddelds aan dié intense man is nie, own hy die feit dat hy eweneens versot is op sy man bag.
Om gesond te leef, bly vir hom ’n belangrike prioriteit. Hoe natuurliker, hoe beter, sê hy. “Ek hou nie daarvan om my liggaam met chemies aangehelpte k*k vol te stop nie.”
Aivilo is sy regisseursbuiging en met Lize Ehlers, plaaslike veelvlakkige tour de force, moet mens probeer om vanaand of môreaand te gaan kyk waaroor die bohaai gaan.
Haus of Müller bied dié produksie aan by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) in samewerking met die Nasionale Kunsteraad van Namibië (NACN) en Organic Square Guesthouse op Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie