Swaar reën voorspel vir Otjozondjupa, Omaheke
Dit blyk Namibië se reënseisoen gaan nou begin, met reën wat vir vandag en môre oor verskeie dele van die land voorspel word.
Elvira Hattingh – Die weerkantoor het ‘n weerwaak vir swaar reën vir vandag in die Otjozondjupa- en Omahekestreek uitgereik, wat vanaf môre (Saterdag) ook na die oostelike dele en ||Kharasstreek sal versprei.
Dit volg nadat onderskeidelik 51 mm en 48 mm reën Donderdagoggend op Grootfontein en Tsumeb gemeet is, terwyl sowat 14 mm reën op Otavi uit reënmeters gegooi is.
Teen die kus het enkele druppels in Walvisbaai en Swakopmund geval, terwyl dit ’n rapsie meer as 2 mm op plekke in Windhoek gereën het, het mense op die Facebook-blad, Reën in Namibia, laat weet. Rehoboth het ook ’n bietjie reën gehad.
Die weerkantoor sê dit sal vandag gedeeltelik bewolk en warm in die suidweste en weste van die land wees, anders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, met geïsoleerde, maar verspreide buie in die Otjozondjupa- en Omahekestreek.
Die nieregeringsorganisasie LandWater, wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer, verduidelik ‘n bolugtrog, ofte wel 'n laagdrukgolf in die bolug, sorg vir die reën. Boonop word dit deur eksterne elemente, soos die volgende inkomende bolugtrog beïnvloed.
Volgens LandWater sal dit tot meer intensiewe reënneerslae lei wat tot Saterdag mag duur.
“Ons werk met uitgebreide ‘bootjieweer’ - uitbundige hoeveelhede water - én uitgebreide kragtige rukwinde, veral oor die westekant van Suider-Afrika wat ‘n stormsterkte van 89+ km/h sal bereik,” het LandWater gesê.
GROTER PRENTJIE
Vooruitsigte vir reën vir die res van die seisoen lyk ook belowend, meen weerkenners.
Amerika se Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (NOAA) het in hul jongste uitkykstatus van 14 Oktober óók voorspel 'n 87% kans bestaan dat La Niña-toestande tussen Desember vanjaar en Februarie 2022 sal heers.
Volgens NOAA het La Niña-toestande reeds gevestig en sal dit na verwagting matige sterkte toon. Die diens sal op 11 November 'n nuwe uitkykstatus uitreik.
Dit is goeie nuus vir Suider-Afrika, omdat La Niña-toestande dikwels met natter weerstoestande vereenselwig word.
Dit volg nadat die Australiese Buro vir Meteorologie ook onlangs sy Enso-uitkykstatus na 'n La Niña-waarskuwing verander het. Dié weerdiens het toe gesê die kans het nou verdriedubbel dat dié weerverskynsel vanjaar amptelik sal posvat. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie