Swaar vonnis vir Joël Petrus
Panga-moordenaar tot 35 jaar gevangenisstraf gevonnis
Die 35-jarige Joël Petrus is deur regter Alfred Siboleka gestraf vir ’n klagte van moord met die direkte opset om dood te maak kragtens die bepalings van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld. Petrus het die 33-jarige Maria Erastus op 4 Augustus 2012 vermoor.
“Die oorledene is verskeie lewensbedreigende steekwonde aan haar liggaam toegedien toe jy haar met ’n panga aangeval het oor ’n agterdogtige SMS-boodskap op haar foon op daardie noodlottige dag. Jy het nie die familie om verskoning gevra vir die verlies van die oorledene se lewe nie. Na my mening was die oorledene ’n kwesbare lid van die gemeenskap en ’n lang termyn van gevangenisstraf sal ’n toepaslike straf in hierdie saak wees,” het regter Siboleka gesê toe hy Maandagoggend sy uitspraak gelewer het.
In sy vertoë om versagtende omstandighede het Petrus die hof vir ’n toegeeflike vonnis gevra. Hy het erken dat hy die oorledene met ’n panga geslaan het, maar het aangevoer dat hy haar nie met opset doodgemaak het nie en dat hy berou het oor sy daad. Petrus, ’n eerste oortreder, is die pa van drie kinders.
Die adjunk-aanklaer-generaal, mnr. Jackson Kuutondokwa, het die hof versoek om ’n lang tydperk van tronkstraf op te lê wat ’n duidelike boodskap aan ander voornemende moordenaars sal oordra en hul sodoende sal afskrik om soortelyke oortredings te begaan.
Volgens die nadoodse verslag wat gedurende die verhoor aan die hof voorgelê is, het Erastus ná die voorval vier diep snywonde aan haar gesig en nek en twee steekwonde in haar rug gehad.
Die steekwonde aan haar rug was diep en haar longe was deurboor. Die snywonde aan haar gesig en nek het groot bloedvate afgesny en tot noodlottige bloeding gelei. Haar rugmurg was ook afgesny.
Petrus se verdediging was deur prokureur Boris Isaacks waargeneem.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie