Swaard van Damokles hang oor rand, su00ea ontleders
Swaard van Damokles hang oor rand, su00ea ontleders

Swaard van Damokles hang oor rand, sê ontleders

Bloomberg en Hanlie Stadler – Suid-Afrika is een van sewe ontluikende ekonomieë wat die hoogste risiko vir ’n wisselkoerskrisis loop, luidens ’n nuwe ontleding deur die beleggingsbank Nomura.

Die ander ses is Sri Lanka, Argentinië, Pakistan, Egipte, Turkye en die Oekraïne.

’n Wisselkoerskrisis is ’n skerp en skielike verswakking in die waarde van ’n geldeenheid, wat op sy beurt ’n groot uitwerking op die res van ’n land se ekonomie – soos sy inflasiekoers – het.

Van die sewe lande het Argentinië, Turkye en Suid-Afrika reeds die afgelope ruk ’n erge verswakking van hul geldeenheid beleef. Die rand verhandel sedert verlede week swakker as R15 per dollar en is byna ’n derde swakker as sy vlak van om en by R11,50 in Februarie.

Die agt ontluikende lande met die laagste risiko vir ’n wisselkoerskrisis is Brasilië, Bulgarye, Indonesië, Kazachstan, Peru, die Filippyne, Rusland en Thailand.

“Dis ’n belangrike uitslag,” skryf die groep Nomura-ontleders onder leiding van Robert Subbaraman, Nomura se hoof van ontluikende lande. “Soos beleggers meer op ontluikende lande se risiko fokus, is dit belangrik dat hulle nie alle ontluikende lande saamgroepeer as ’n homogene groep nie; Damokles lig ’n lang lys lande uit met baie lae risiko van ’n volskaalse krisis.”

Damokles is ’n model vir vroeë waarskuwings oor wisselkoersprobleme in 30 ontluikende lande. Die model oorweeg verskeie faktore, insluitend die lande se valutareserwes, skuldvlakke, rentekoerse en handelsbalans.

Dit het twee derdes van die 54 wisselkoerskrisisse in ontluikende lande sedert 1996 tot 12 maande voor die tyd voorspel.

“Die resultate wat ons behaal het, is belowend, maar gegewe die inherente beperkings van enige stelsel vir vroeë waarskuwings sou dit dwaas wees om buitensporige aansprake te maak.”

Damokles is genoem na die gelykenis deur die Romeinse staatsman en filosoof Cicero van die swaard van Damokles, ’n verwysing na dreigende en konstante gevaar.

Damokles, wat sy koning, Dionisius, gevlei het deur hom te vertel hoe gelukkig hy is, het die kans gekry om dié “geluk” eerstehands te ervaar. Hy kon op die troon sit, maar ’n swaard wat deur ’n enkele perdehaar vasgemaak is, is bo sy kop gehang om aan hom te wys hoe lewensgevaarlik die rol van ’n koning ondanks sy oënskynlike geluk is.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!