Swaarder strawwe vir dieremishandelaars kom
Die publiek kan tot 21 Oktober insette oor die nuwe wetsontwerp lewer.
Francoise Steynberg - Daar is ’n verband tussen dieremishandeling en geweld teen vroue en kinders, het die minister van justisie, mnr. Sackey Shanghala, Saterdag tydens die bekendstelling van die wetsontwerp op dierebeskerming en -welsyn in Windhoek gesê.
“Studies oor die verband tussen dieremishandeling en geweld teen vroue en kinders wat in Verenigde Koninkryk gedoen is, dui aan 61,5% van veroordeelde dieremishandelaars het ook iemand aangerand, 17% het iemand seksueel mishandel en 8% is veroordeelde brandstigters,” het Shangala gesê.
“Dieremishandeling is ’n goeie voorspeller van seksuele aanranding en dieremishandelaars pleeg ’n gemiddeld van vier verskillende soorte oortredings. Alle seksuele misdadigers was wreed teenoor diere.”
Shangala, wat ook die ambassadeur van die dierebeskermingsvereniging (SPCA) is, sê hoewel ’n soortgelyke studie nie op die Afrikavasteland gedoen is nie het hy geen twyfel dat dit dieselfde uitslae sal lewer nie.
“Mense sal vra waarom ek my tyd op dierewelsyn mors terwyl mense mishandel, gemartel en verwaarloos word. Om op dierewelsyn te fokus, fokus ek dus ook op die welsyn van vroue en kinders wat in die geheim mishandel word,” meen die minister.
Hy het beklemtoon die wetsontwerpe op verkragting en egskeidings gaan ook in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê word.
WET VEROUDERD
Die Wet op Dierebeskerming van 1962 is verouderd en is sedertdien nie bygewerk nie, met ’n maksimum boete van ’n skrale N$200, het die stigter van Annie’s Animal Legal Fund, me. Ronel Lewies, gesê.
Die wetsontwerp stel aansienlik strenger vonnisse en groter boetes voor, soos byvoorbeeld ’n boete van N$100 000 of tronkstraf van 10 jaar of beide vir oortreders van hondegevegte, ’n boete van N$25 000 of tronkstraf van 15 jaar of beide vir dieremartelaars, asook ’n boete van N$20 000 of 10 jaar-tronkstraf of beide vir dieremishandelaars, of -diereverwaarlosing en mense wat diere vergiftig of in strikke vang.
Shangala nooi die publiek om voor 21 Oktober geskrewe insette oor die wetsontwerp te lewer.
“Ek nooi almal uit om ’n kopie van die wetsontwerp op die ministerie van justisie se webtuiste en ook op Annie’s Animal Legal Fund te kry en geskrewe insette te lewer. Die laaste dag waarop wetsontwerpe in die parlement ter tafel gelê kan word, is op 1 November en ek wil dit nog vanjaar afhandel.”
Shangala sê Namibië is nie eens op die Wêreldindeks vir Dierebeskerming gelys nie.
Volgens dié indeks is die Verenigde Koninkryk en Oostenryk die hoogste gelys met Iran en Belarus wat laagste op die ranglys lê.
“Suid-Afrika, Tanzanië en Kenia vaar gemiddeld. Namibië sou ook as gemiddeld geklassifiseer word, omdat die Suid-Afrikaanse wet steeds in Namibië van krag is,” het Shangala gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie