Swaargewig Chianinia maak sy debuut
'n Ras wat uit die tyd van die antieke Romeine dateer, is vanjaar vir die eerste in die ring te sien.
Een van die nuwighede by Windhoek Skou vanjaar is die Chianina (uitgespreek as kee-a-nina), een van die een oudste beesrasse, met verwysings wat dateer van 2 v.C.
Charl-Thom Bayer is die teler wat vanjaar met twee van sy diere in die ring kom spog.
Dié swaargewig is afkomstig van die Toskane-vallei in Italië en is amptelik die grootste beesras ter wêreld. Dit is genoem na die Chiante-rivier in dié vallei en is dikwels deur die antieke Romeine in beeldhouwerke verewig waarvan sommige vandag nog te sien is.
Volgroeide bulle weeg tot 1,8 ton en koeie tot 1,2 ton, danksy ’n lang lyf, want die bees is nie buitengewoon breed nie en het nie ’n growwe beenstruktuur nie. Kalwers wat 725 kg weeg as hulle ’n jaar oud is, is moontlik met die regte bul se semen.
Die beeste is wit, met ’n kort haarkleed. Die vel, kloue, oë en neus is swart. Die eerste drie maande is die kalwers rooi, maar word dan wit.
Die goeie prestasies is danksy die Italianers se puik seleksiemetodes. Hulle het deur die eeue vir beeste geselekteer wat die meeste groei met die minste voer behaal. In groeitoetse waar bulle slegs 1,5% van hul liggaamsgewig per dag gevoer is, het die bulle tot 2 kg gewig per dag gegroei.
Die beeste is besonder gehard, want hulle is in die ou dae as trekdiere en vir ploegwerk gebruik. Hulle bied ook sterk weerstand teen koue én warm toestande, want in Italië weerstaan hulle uiterstes van -15 °C tot 43 °C.
In Suider-Afrika het die Chianina reeds sy waarde as veral kruisrasbees getoon.
Dié beeste is egter vandag skaars, aangesien boere in Toskane hulle al hoe meer op die produksie van olywe en druiwe begin toespits. Beesboerdery het derhalwe aan die agterspeen gesuig en getalle het verminder. In 2008 was daar net 21 371 stoet-Chianinas in Italië oor.
*Bronne: thatsfarming.com, Landbouweekblad

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie