u2018Swaarkry lu00ea vir baie mense vooru2019
u2018Swaarkry lu00ea vir baie mense vooru2019

‘Swaarkry lê vir baie mense voor’

Suid-Afrika het in ’n krisis ingegaan sonder enige ruimte om die ekonomie te stimuleer omdat die staat reeds soveel skuld het, sê ’n kenner.
Nellie Brand-Jonker – Die netto gevolg van die aankondiging van absolute inperking van nie-noodsaaklike dienste vir 21 dae gaan ’n “baie diep resessie” vir Suid-Afrika in 2020 wees, het prof. Jannie Rossouw, tussentydse hoof van Wits se sakeskool, gesê.

Hy meen die ekonomie sal waarskynlik vir die voljaar met 1% of selfs 2% inkrimp.

“As gevolg daarvan gaan die staat baie minder belasting kry en die staatsbesteding gaan meer as die begroting wees.”

Die land kan op pad wees na ’n begrotingstekort van 10% in verhouding met bruto binnelandse produk (BBP) wees, baie meer as die sowat 6% wat onlangs in die begroting geraam is.

“Baie mense gaan baie swaar kry, want hulle gaan eenvoudig nie werk nie, soos mense wat stukwerk doen en mense wat in restaurante vir fooitjies werk.

“Klein ondernemings gaan baie swaar kry en daarom word die Solidariteitsfonds wat aangekondig is, verwelkom.”

Maar mense sal “absoluut moet vertrou dat daar geen bedrog daarmee gaan wees nie”.

Die aankondiging oor die banke wat ook van maatreëls van die Mededingingswet vrygestel word om saam op te tree om skuldverligting aan te kondig, is ook verwelkom.

“Dit is ’n situasie waar saam opgetree moet word om sistemiese risiko in die bankstelsel te verminder.”

Izak Odendaal, beleggingstrateeg van Old Mutual Wealth, sê hy het nie die inperking verwag nie. “Maar as mens kyk na hoe vinnig die koers van nuwe infeksies styg, is dit waarskynlik die regte ding om te doen.

“Daar is geen twyfel dat dit die ekonomie geweldig seer gaan maak nie.

“Die goeie nuus is, ander lande met soortgelyke maatreëls het dit gedoen toe die infeksies al ’n paar duisend was. Ons is vroeg in daai opsig. So dit gee ons ’n kans om die ding te rem.

“Dit is noodsaaklik, want ons gesondheidstelsels kan nie iets soos Italië hanteer nie. Ons het net nie die kapasiteit as ons op daai punt kom waar soveel mense siek word en sorg nodig gaan hê nie.”

Oor die maatreëls om die impak op die ekonomie te verminder, sê Odendaal “’n paar miljoen rand hier en daar is maar klein” vergeleke met lande soos Amerika, wat van duisende miljarde dollar se stimulusprogramme praat.

“Ons probleem is ons het in ’n krisis ingegaan sonder enige ruimte om die ekonomie te stimuleer omdat die staat reeds soveel skuld het en reeds probeer om besteding te verminder.”

In teenstelling met tans het Suid-Afrika betreklik vinnig herstel van die 2008- internasionale finansiële krisis omdat hy min staatskuld gehad het.

“Dié krisis tref ons op ’n tydstip waar ons regtig blootgestel is en daar geen ruimte is om die ekonomie te stimuleer nie, want ons is reeds in ’n resessie. Dit is sout in die wonde van die ekonomie.”

Hy glo die rand en markte gaan op kort termyn waarskynlik negatief reageer op die nuus, maar gaan op die ou einde weer meegesleur word met wat in die wêreld gebeur.

“As Amerika ’n groot stimulus aankondig, sal die markte daarop reageer. Suid-Afrika is nou minder belangrik vir die mark.”

Rossouw glo daar is ’n wanklank aan die drastiese optrede wat beloof word teen ondernemings wat pryse onnodig verhoog. “Die Passasierspooragentskap (Prasa) en die Suid-Afrikaanse Lugdiens is leeg gesteel, maar nou wil die regering teen jou optree vir ’n toiletrol se prys wat jy met ’n paar sent opstoot.

“Markus Jooste moes lankal in die tronk gewees het, maar nou wil ons winkeleienaars vervolg oor prysbeheer wat nie behoorlik toegepas word nie.

“Hier word verwagtinge geskep waaraan die regering nie sal kan voldoen nie. Hulle wil onnodig hard optree oor klein goedjies.”

Hy het die inperking verwag, maar gedink dit sou vroeër begin as Donderdag. “Dit is duidelik dat die regering nog goed in plek wil kry.”

Rossouw meen daar is dringend duidelikheid nodig oor hoe die inperking op die nuusmedia van toepassing sal wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!