Swaco-groep neem renoster aan
Die swartrenoster Nawalta het 'n nuwe “gesin”.
Die Swaco-maatskappygroep het dié swartrenosterbulletjie aangeneem.
“Die Swaco-groep ondersteun al jare die Red die Renosterfonds (SRT) en is toegewy daaraan om te help om die toekoms van die laaste ware wilde swartrenosterbevolking te verseker,” lui 'n verklaring van SRT se voorsitter, me. Maxi Louis.
Hul bydrae sluit N$23 500 in vir die Adopt a rhino-program en N$10 000 vir kapasiteitsbou.
Swaco se aanneming van die bulletjie sal die koste dek om hom vir die volgende jaar te monitor en te beskerm.
Die afgelope jaar was 'n besige een vir Nawalta, sê die SRT.
In Junie verlede jaar is hy deur die ministerie van die omgewing en toerisme gevang sodat hy geonthoring kan word en 'n oorplaatjie kan kry.
Die bulletjie is geonthoring om hom van stropers te beskerm en die oorplaatjie sal die SRT help om hom makliker te identifiseer.
Nawalta se ma, Nigeria, het in Januarie geboorte aan 'n nuwe kalf geskenk.
Dit was net ná Nawalta se vierde verjaardag en hy is gedwing om 'n nuwe lewe op sy eie te begin.
Volgens die SRT is hy in 'n goeie toestand.
Renosters kan deur individue, 'n familie, 'n groep vriende, 'n skool of 'n besigheid aangeneem word.
Louis het ander Namibiërs uitgedaag om te help in die stryd om Namibië se renosters te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie