Swaelsuuraanleg nou operasioneel

Gerine Hoff
Tanja Bause – Die moderne swaelsuuraanleg van Dundee Precious Metals op Tsumeb is nou operasioneel en sal vroeg volgende jaar amptelik geopen word.
Die aanleg wat N$2,7 miljard gekos het, is opgerig om die gasse wat deur die koperverwerkingsproses vrygestel word, op te vang en in swaelsuur te verwerk. Die aanleg sal dus die swaeldioksied-gasse wat inwoners sedert die opening van die myn in 1963 gepla het, uit die weg ruim.
“Hierdie is ’n groot stap vorentoe om Tsumeb se smelter op te gradeer en in ’n wêreldklas-aanleg te verander,” het mnr. Hans Nolte, Dundee Precious Metals Tsumeb se hoofbestuurder en visepresident, gesê.
“Dit het amper twee jaar geneem om die projek so ver te kry as gevolg van die omvang daarvan. Ek moet sê dit is ’n baie trots Namibiese tyd vir die maatskappy en al sy werknemers.”
Die Namibiese regering en Dundee het saamgewerk om die bou en werking van die aanleg te bespoedig om ’n langtermynoplossing vir die storting van gasse te verseker.
“Afgesien van die toevoeging van groot waarde in ons bedrywighede, sal dit ook die Namibiese ekonomie ’n hupstoot gee,” het Nolte gesê.
Hy het daarop gewys dat die veelvlakkige projek waarde tot die Namibiese mynboubedryf voeg en dat dit 18 Namibiërs voltyds in diens neem.
Die swaelsuur sal hoofsaaklik aan Namibië se uraanmyne verkoop word. Gegrond op ’n geskatte 240 000 tot 310 000 ton koper konsentraat wat elke jaar by die smelter verwerk word, sal die swaelsuuraanleg ’n geskatte 270 000 tot 340 000 ton swaelsuur kan verwerk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!