Swak rand is slegte nuus vir rentekoers
Die rand, wat tot die laagste vlak in bykans sewe maande teenoor die dollar gedaal het, kan dalk die inflasiekoers opstoot wat weer hoër rentekoerse kan beteken.
Dit is Kuben Naidoo, adj.pres. van die Reserwebank, se mening oor die rand se prestasie dié week.
Hoewel die Reserwebank geen teiken vir die rand het nie, reageer hy wel op die nadraai van ’n swak geldeenheid, het Naidoo Dinsdag in ’n onderhoud met Bloomberg TV in Sintra, Portugal, gesê.
“Ons gaan moet optree as ons glo daar is ’n risiko dat dit ’n weier invloed kan hê,” sê hy.
Die invloed wat die rand op inflasie het, is een aspek wat die Reserwebank in ag neem.
Die inflasiekoers was 4,5% in April, wat in die middel van die bank se teikenband is.
“Maar as dit styg en die vooruitsig is dat dit gaan aanhou styg, gaan ons moet stappe doen.”
Die Reserwebank handhaaf sy uitleenkoers tans op 6,5% nadat hy dit in Julie 2017 en Maart vanjaar verlaag het.
Die bank sê hy reken die inflasiekoers sal binne sy teikenband van tussen 3% en 6% bly tot ten minste die einde van 2020.
Statistieke Suid-Afrika maak Woensdag die nuutste inflasiekoers bekend.
As jy vir lank ’n baie swakker geldeenheid het, is daar ’n veel groter kans dat dit inflasie kan laat styg.
Kuben Naidoo
Luidens ’n peiling wat deur Bloomberg gedoen is, verwag ekonome dat dit tot 4,6% in Mei gestyg het.
Handelaars wat die Bloomberg-platform gebruik, voorspel ook daar is nou ’n 66%-kans dat die rentekoers voor die einde van die jaar met 50 basispunte verhoog kan word.
Naidoo sê die invloed van die rand op pryse gaan afhang van hoe lank hy swak bly.
“As jy vir lank ’n baie swakker geldeenheid het, is daar ’n veel groter kans dat dit inflasie kan laat styg.
“As die geldeenheid oor ’n maand weer tot R12,50 teenoor die dollar verstewig, is daar ’n skraler kans dat dit inflasie kan beïnvloed,” sê Naidoo.
Die rand het Woensdagoggend teen R13,73 teenoor die dollar verhandel nadat dit Dinsdag in ’n stadium tot R13,91 verswak het.
Die rand het einde Mei nog teen sowat R12,50 verhandel.
– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie