Swak rand keer nuwe Megane

Gerine Hoff
Die swak ekonomie, spesifiek die rand, beteken ons gaan die nuwe Renault Megane nie in een van sy gestaltes hier sien nie.
Die Megane – kortliks sommer ’n Golf/Jetta-mededinger – word nie tans vir die land oorweeg nie, sê Renault Suid-Afrika.
Die nuwe Megane-luikrug wat net Megane heet, is verlede jaar in Europa bekend gestel. Kort daarna het die stasiewaweergawe, die Sport Tourer, gevolg en nou het die Megane Grand Coupé die lig gesien.
Die Coupé-benaming mag dalk misleidend klink, want dit is niks anders as ’n gewone sedan met vier deure nie, iets wat die VW Jetta moet trompop loop. Die laaste twee geslagte van die Megane was in Suid-Afrika net as ’n luikrug te kry.
Die laaste Megane-sedan was tussen 2002 en 2009 hier beskikbaar. Die Megane trek maar swaar in Suider-Afrika met enkelsyfer-verkope die laaste klompie maande. Oorsee (asook plaaslik) is rygoed soos Renault se sportnutse (Captur, Kadjar en veral die Duster) baie gewilder.
Binne is dit pure nuwe Megane met ’n 7” digitale kleurinstrumentpaneel en ’n 8,7” tabletraakskerm waarvandaan omtrent alle nutsfunksies hanteer word. Voortaan sal veiligheids- en gerief­s­eienskappe, wat gewoonlik vir luukser rygoed in hoër segmente bestem is, in die Megane Coupé te kry wees. Dit sluit dinge soos selfparkeerhulp en baanverlaatwaarskuwing in.
Renault sê ’n verskeidenheid ratkaste sal ingespan word en sluit vyf- en sesgang-handratkaste in asook ’n CVT-transmissie- en ’n dubbelkoppelaarratkas met sewe gange.
Soos verwag word, is daar ook heelwat vernuwings aan die enjin. Petrolkragbronne sal toegerus word met ’n 1 200- of ’n 1 600-enjin. Albei sal turbo’s hê. Albei enjins sal meer as een kraguitset kan bied in verskillende modelle. Dieselfde geld die diesels met 1 500- en 1 600-turbo-enjins.
Wie weet, dalk ruk die rand hom reg en het dit sin vir Renault om die nuwe Megane hierheen te bring. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!