Swak syfers demp Oryx nie
Swak syfers demp Oryx nie

Swak syfers demp Oryx nie

Aandeelprys 46c hoër
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Oryx Properties Ltd se aandeelprys het verlede week met die bekendstelling van sy jaar­resultate met 46c stuk gestyg – ondanks die feit dat dié groep se netto wins vir sy 2016-boekjaar bykans 44,8% laer as dié van 2015 is.
Oryx het Vrydag op N$21,54 per aandeel op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) gesluit, ’n verhoging van 2,2% teenoor die vorige week. In dié proses het Oryx se totale markkapitalisasie met N$36 miljoen tot N$1,677 miljard geklim. ’n Enkele transaksie met 2 000 aandele Woensdag het vir dié styging gesorg.
Oryx se jongste jaarresultate toon ’n wins van net meer as N$105,6 miljoen vir die jaar tot einde Junie 2016, sowat N$85,7 miljoen minder as in 2015. Die groep se totale verspreiding per gekoppelde eenheid (DPU) vir 2016 is 166c, ’n styging van 4,7% teenoor verlede jaar.
Oryx was die enigste maatskappy op die plaaslike indeks wat verlede week stewiger as die vorige een kon afsluit. Die res se sluitingspryse het onveranderd gebly.
Geldgewys het Stimulus Investments Ltd die bedrywigste week agter die rug, met meer as N$1,9 miljoen se voorkeuraandele in totaal wat teen N$121,30 stuk verhandel is. Bank Windhoek Holdings (BWH) het meer as N$1,3 miljoen se transaksies in totaal beklink en die week op N$17,45 per aandeel geëindig.
Ander verhandeling op die plaaslike indeks was: FNB Namibia Holdings (N$815 402; sluitingsprys N$48,01 per aandeel) en Namibia Breweries Ltd (N$517 677; sluitingsprys N$27,58 per aandeel).
Bidvest Namibia Ltd, wat verlede week sy jongste jaarresultate ­vrygestel het, het geen aandele ­verhandel nie en het Vrydag op N$10,48 stuk geëindig, dieselfde as die vorige week. Bidvest se handelswins vir die jaar tot einde Junie 2016 was bykans N$294,9 miljoen, amper N$115 miljoen of 28% minder as in 2015.
Die groep se totale dividend vir sy 2016-boekjaar was 38c per aandeel, 32,1% minder as verlede jaar.
Sowat N$4,61 miljoen se aandele is verlede week in totaal op die plaaslike indeks van die hand gesit teenoor nagenoeg N$10,4 miljoen die vorige week.
Die indeks het in die week onder oorsig met 0,26% gestyg en het Vrydag op 548,31 punte geëindig.
Bykans N$673,4 miljoen se aandele is verlede week in totaal op die algehele indeks van die NSX verhandel, vergeleke met amper N$269,9 miljoen die vorige week. Die indeks het verlede week met 1,99% teenoor die vorige een teruggesak en op 1 030,79 punte gesluit. Die JSE se indeks van alle aandele het verlede week met 1,39% verstewig.
Tadvest Ltd was die weekwenner op die algehele indeks. Dié Mauritius-gebaseerde maatskappy het Vrydag op N$12,72 per aandeel gesluit, 59c stuk of 4,9% hoër as die vorige Vrydag.
FirstRand was verlede week die grootste verloorder. Dié groep se sluitingsprys van N$46,60 per aandeel was N$3,62 stuk of 7,2% laer as die vorige week.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!