Swakara: Blink toekoms in China
Die glorieryke Swakara-bedryf het tydens die viering van sy 110de bestaansjaar Dinsdag oor die pad vorentoe besin.
Ronelle Rademeyer op Keetmanshoop - Een van die groot uitdagings vir Swakara-produsente is om meer hoëgehaltepelse te produseer ten einde aan die reusevraag hiervoor in die internasionale mark te voldoen.
Me. Julene Meyer, voorsitter van die Swakara-raad, het Dinsdag tydens dié bedryf se 110de bestaansvieringe op Keetmanshoop gesê Swakara-pelse is ’n gesogte modeproduk en baie gewild in die internasionale mark.
Mnr. Panos Siaraferas van Etherion Fur Collection in Griekeland het dit beaam en gesê Namibië se pelse is van ’n baie beter gehalte en meer in aanvraag as die pelse wat geproduseer word deur karakoelprodusente in Afghanistan en Oezbekistan waar dié skaapras oorspronklik vandaan kom.
“Swakara is die beste! Die probleem is net die klein hoeveelhede wat julle kan lewer,” het hy gesê.
Ontwerpers het 40 hoëgehaltepelse nodig om een uitrusting te kan vervaardig. Hoe swakker afgerond die pels en hoe laer die gehalte daarvan, hoe meer pelse het hulle vir een uitrusting nodig.
Mnr. Jesper Lauge Christensen, uitvoerende visepresident (kommersieel) van Kopenhagen Fur, sê Namibië het tydens die April-veiling 52 000 pelse aangebied en in September 38 000. Kopenhagen Fur is die veilinghuis in Denemark waardeur Namibiese pelse twee keer per jaar in die buiteland bemark word.
Volgens Meyer is daar tydens die Swakara-bedryf se bloeityd in die sestiger- en sewentigerjare van die vorige eeu jaarliks sowat 3 miljoen pelse na die buiteland uitgevoer.
Christensen sê Kopenhagen Fur beoog om Swakara as deel van vanjaar se feesverrigtinge meer agressief in China te bemark.
“In China word 3 miljoen pelsuitrustings jaarliks verkoop. Dit beteken ontwerpers daar het 20 miljoen pelse per jaar nodig.”
Volgens hom beloop die internasionale pelsbedryf se kleinhandelomset jaarliks digby die N$500 miljard, of U$S35 miljard.
Hy sê die Chinese ontwerper Wang Yutao, een van die toptien ontwerpers in dié land, is versot op Swakara en gebruik dit in sy veelkleurige ontwerpe.
Hy het vroeër vanjaar ’n plaas in Namibië besoek om die produksie-omstandighede van Swakara beter te verstaan.
Ander uitdagings
Meyer sê twee ander uitdagings is om teen 2020 aan die strenger nuwe dierewelsynspraktyke vir die bedryf te voldoen, asook om armoedeverligting in die Suide te takel.
Sy sê teen 2020 sal geen pelse verkoop word wat nie gesertifiseer is nie. Die sertifisering behels die nakoming van die etiese produksiestandaarde en naspeurbaarheid.
Sy het ook bekend gemaak dat planne ver gevorder is om ’n wolverwerkingsaanleg op Keetmanshoop op te rig. Die goewerneurs van die Hardap- en //Kharasstreek het reeds N$3 miljoen elk vir die projek beloof.
“Dit is in pas met die Harambee-welvaartsplan en deel van ons sosiale verpligting teenoor die gemeenskap,” sê sy.
Volgens mnr. Chris Baisako, lid van die Swakara-raad wat by die voorbereiding vir die aanleg betrokke is, sê die plan is om 360 ton Swakara-wol by die aanleg te was en kam.
“Dit gaan oor waardetoevoeging en om die bedryf meer winsgewend te maak. In hierdie stadium kry produsente so ’n swak prys vir hul wol in Suid-Afrika, dat hulle dit liewer uitbrand.”
Hy sê navorsing moet nog gedoen word oor hoe die wol aangewend kan word, terwyl markte ook daarvoor gesoek moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie