Swakara-pels in Parys te sien
Yolanda Nel - Internasionale model Bella Hadid het die koppe behoorlik laat draai toe sy vroeër hierdie maand in ’n swakara-pelsjas uit eie bodem by die Dior-winter- modevertoning opgedaag het.
Die skepping is deur Kim Jones, kreatiewe direkteur van Dior, ontwerp.
Volgens Annette Steyn van die Swakara-raad van Namibië, is hulle baie opgewonde oor die nuus. “Ons is baie trots dat Kim Jones die jas ontwerp het en dat Bella dit gedra het,” het sy gesê.
Jones het verlede jaar in Julie in Namibië kom kuier. “Ons het vir hom die swakara-plaas gewys en ons bedrywighede met hom bespreek,” het Steyn gesê. Hy het ook by N/a’an ku sê en Erindi gaan aanklop en die besoek terdeë geniet.
Omdat die pels as “groen” bestempel word, was Jones ywerig om dit in sy klerereekse te gebruik. Om as “groen” beskou te word, mag diere nie in hokke aangehou of in lokvalle gevang word nie. Alle dele van die swakara-skaap word gebruik en niks word vermors nie. Behalwe pels, lewer swakara-skape vleis, wol en leer aan nabygeleë gemeenskappe. “Hy kan ons pelse met ’n geruste hart gebruik en hy gebruik deesdae swakara-pelse gereeld in sy skeppings,” het Steyn gesê.
Hulle het verlede jaar tydens sy besoek oor Bella gesels om een van die pels-skeppings te dra. “Daar is baie modelle wat weier om pels te dra en Bella is ’n groot naam. Ons is so opgewonde en trots dat sy ingestem het om dit wel te dra,” het Steyn gesê.
Plaaslike ontwerper, Simeon Johannes, stem saam. “Bella is tans een van die voorlopers in die mode- en modelbedryf. “Sy was beslis die perfekte keuse vir hierdie uitrusting. Benewens vir haar skoonheid, het so ook ‘n onsettende groot aantal volgelinge,“ het hy gesê.
As ontwerper is Johannes trots dat so ‘n belangrike deel van dié bedryf op internasionale platform ten toon gestel is. “Die wêreld het hul oë op Namibië en ons het soveel internasionale blootstelling moontlik nodig. Swakara het ‘n merkwaardige rol gespeel om ons diverse kultuur te verteenwoordig. Ons verdien het.“

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie