Swakara-pelsvrag op pad na Kopenhagen
Swakara-pelsvrag op pad na Kopenhagen

Swakara-pelsvrag op pad na Kopenhagen

Indien die aanbod van produsente se Swakarapelse verder krimp, kan van die groot internasionale kopers belangstelling verloor.
Ronelle Rademeyer
‘n Besending van altesaam 41 500 Swakarapelse is Donderdag vanaf Windhoek na Kopenhagen Fur se veilinghuis in Kopenhagen, Denemarke, gestuur.

Die pelse, wat op 18 Maart opgeveil moet word, sou na verwagting gister in Denemarke aangekom het, sê Agra in 'n verklaring.

Mnr. Jaco van Zyl, bestuurder van die Swakara Pelssentrum, sê in totaal het Swakaraprodusente vanjaar 43 500 pelse ingestuur. Alle pelse wat by die onderskeie Agra-takke ingehandig word, word na die pelssentrum in Windhoek gestuur, waar dit sorteer en verpak word.

“Nadat vanjaar se uitskot asook die grys en bruin pelse afgetrek is, kon ons sowat 41 500 pelse na Kopenhagen stuur.

“Die getal wit en bont pelse is ongeveer 6% meer as April 2017 se aanbod,” het hy gesê.

Van Zyl sê die wisselkoers is tans nie baie gunstig vir verkope aangesien die Suid-Afrikaanse rand onlangs teen die Amerikaanse dollar versterk het nie.

“Soos sake nou staan, is ons 6% swakker daaraan toe (in Namibiese dollar) as met die veiling van September 2017.

“Met ons kleiner aanbod behoort ons egter nie te sukkel met die verkoop van pelse nie. As ons aanbod egter nog verder gaan krimp, gaan van die belangrike kopers belangstelling verloor omdat hulle nie hul bestellings kan nakom nie.”

Ontwerpers het 40 hoë kwaliteit pelse nodig om een uitrusting te kan vervaardig. Hoe swakker afgerond die pels en hoe laer die kwaliteit daarvan, hoe meer pelse het hulle vir een uitrusting nodig, het me. Julene Meyer, voorsitter van die Swakararaad, vroeër verduidelik.

“As ’n pels van ’n hoë kwaliteit is, kan die ontwerper die hele pels gebruik. Hoe swakker die gehalte, hoe minder van die pels is bruikbaar en hoe meer pelse is nodig om een uitrusting te maak,” het sy in Oktober 2018 tydens die Swakara Bedryfsforum se vergadering op Keetmanshoop gesê. “Die verwerkingskoste word dus deur die afgerondheid van die pelse bepaal.”

Van Zyl sê tydens Februarie se mink- en chinchillaveiling in Kopenhagen, het 99% van die pelse verkoop - met ‘n klein styging wat in pryse voorgekom het.

“Veral die chinchilla - wat soos Swakara ‘n klein aanbod is - is vir goeie pryse verkoop. Winters was koud in Amerika, Europa en Rusland, wat oor die algemeen goed is vir pelsverkope,” het Van Zyl gesê.

Meyer het einde verlede jaar ‘n besoek aan China gebring en met positiewe terugvoer van voornemende Chinese-kopers teruggekeer.

Swakara is besig om al hoe gewilder onder ontwerpers in dié land te word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!