Swakara se hoop op 21 September
Internasionale Covid-19-inperkings belemmer nou een van Namibië se oudste landboubedrywe, met sommige pelsprodusente wat intussen na vleisproduksie oorgeskakel het.
Elvira Hattingh - Die Swakara-bedryf hoop om binnekort sowat 34 500 pelse uit te voer om op 21 September op die internasionale pelsveiling in Kopenhagen, Denemarke, opgeveil te word.
Swakara-produsente het in September 2019 laas ‘n inkomste uit pelse verdien.
Dit is die gevolg van die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperkings wat tot ‘n opskorting van internasionale vlugte gelei het en beteken het pelse kon nie in April na dié internasionale pelsveiling geneem word nie.
“Selfs in Kopenhagen waar die pelse opgeveil word, het ‘n probleem ontstaan omdat pelskopers nie fisiek by die veiling kon uitkom nie,” het Jaco van Zyl, bestuurder van die Swakara Pelssentrum in Windhoek, gesê.
Hy het op Die Boer se weeklikse aanlyn landbouprogram gesels wat Dinsdae om 17:00 op beide Republikein en Die Boer se Facebookblaaie uitgesaai word.
Van Zyl sê daar is moontlikhede van vlugte, maar dat hy nie enige verwagtinge by produsente wil skep nie. “Lugrederye wil eers verseker wees van ‘n groot genoeg vrag voor hulle Namibië toe sal vlieg.”
Van Zyl sê vir hierdie veiling (wat aanvanklik einde Augustus sou plaasvind, maar intussen verskuif is) is al die pelse wat nie in April verkoop kon word nie, hersorteer. “Ons sal dit nou na hierdie veiling toe probeer neem,” het hy gesê.
IMPAK
Volgens hom is die plaaslike Swakara-bedryf ernstig deur die pandemie geknou. Hy sê in April het die veilinghuis Kopenhagen Fur op ‘n elektroniese veiling besluit, wat nie baie suksesvol was nie.
“Kopers het gesê hulle was nie gemaklik om groot geld te betaal vir ‘n produk wat hulle nie self kon besigtig nie, en ook nie sekerheid gehad het oor wanneer die pelse wat hulle gekoop het, aan hulle sou gelewer kon word nie.
“Eindelik het ons elektronies net sowat 10% van ons totale pelsaanbod verkoop,” sê hy.
Hy sê ‘n verdere probleem is dat daar sedert April nog geen vlugte was om die verkoopte pelse na die buiteland te kon neem nie. “Solank die nie gelewer word nie, kan die transaksies nie afgesluit word nie. Ons hoop om dit binne die volgende maand af te handel, sodat produsente daardie inkomste kan kry.”
Verder, sê hy, heers groot onsekerheid in die internasionale pelsmarkte oor wat die toekoms inhou en hoe die nuwe normaal sake gaan beïnvloed.
VAN PELSE NA VLEIS
Van Zyl sê die enigste inkomste wat pelsprodusente die afgelope jaar gehad het, was die voorskot wat deur die Swakararaad aan hulle betaal is. “Dit is op die rug van ‘n ernstige droogte wat reeds vir vyf jaar en selfs langer in die Suide van die land voortduur. Dit is ‘n groot probleem vir produsente se kontantvloei.
“Ons het intussen met die regering in gesprek getree oor die Covid-reddingspakket, maar het nog niks konkreets van hulle ontvang nie. Die gesprek duur voort,” het Van Zyl gesê.
Hy sê die raad het deurentyd in dié uitdagende tye noue kontak met Swakara-produsente gehou. “Die hele bedryf word belemmer deur onsekerheid, want inperkings en maatreëls verander voortdurend. Ons het aan boere gesê ons kan nie die versekering gee dat hulle vanjaar enige inkomste uit hul pelse gaan verdien nie.
“Talle het toe na vleisproduksie oorgeskakel en besluit om eerder hamels groot te maak.”
Van Zyl sê dit het daartoe gelei dat hulle ‘n redelike afname in die verskaffing van pelse beleef het.
“Boere is bekommerd oor hul kontantvloei. Hulle is tans meer seker van ‘n inkomste uit die vleisvoorsieningsbeen van die Swakara-bedryf,” sê hy.
Hy het boere aangemoedig om in hierdie moeilike tye hulle kernkuddes suiwer te hou en die gehalte daarvan te verbeter, sodat die bedryf, wanneer die mark draak, gereed is om goeie gehalte nismarkprodukte aan die kopers in die pelswêreld te lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie