Swakarabedryf vier groot mylpaal
Die Swakarabedryf met sy glorieryke geskiedenis het in Oktober sy 110de bestaansjaar op Keetmanshoop gevier.
Ronelle Rademeyer – “As ons as Swakaraprodusente oor die prys van pelse kla, moet ons die rede hiervoor by onsself soek. Is die afgerondheid op ons pelse reg?”
Dit is hoe me. Julene Meyer, voorsitter van die Swakararaad, die vergadering van die Swakara Bedryfsforum op 31 Oktober op Keetmanshoop afgeskop het.
Dit het deel gevorm van die bedryf se 110de bestaansvieringe wat die aand met ’n glansdinee op dié dorp afgesluit is.
Die geleentheid is deur verskeie internasionale belanghebbendes bygewoon.
Sy het daarop gewys dat baie produsente kla oor die prys wat swart pelse by die pelsveiling in Kopenhagen, Denemarke, behaal het en gesê dít, saam met die hoë vleispryse tans, plaas die Swakarabedryf onder druk.
Volgens Meyer word die prys beïnvloed deur die kwaliteit en afgerondheid van die pelse – as dít reg is, is die prys reg.
Trouens, daar bestaan ’n reusevraag na hoë gehalte Swakarapelse in die internasionale mark. Die uitdaging vir produsente is om genoeg hiervan te produseer.
Mnr. Panos Siaraferas van Etherion Fur Collection in Griekeland, het dit beaam en gesê Namibië se pelse is van ’n baie beter gehalte en hoër in aanvraag as die pelse wat deur Karakoelprodusente in Afghanistan en Oezbekistan, waar dié skaapras oorspronklik vandaan kom, geproduseer word.
“Swakara is die beste! Die probleem is net die klein hoeveelhede wat julle kan lewer,” het hy gesê.
Ontwerpers het 40 hoë kwaliteit pelse nodig om een uitrusting te kan vervaardig. Hoe swakker afgerond die pels en hoe laer die kwaliteit daarvan, hoe meer pelse het hulle vir een uitrusting nodig, het Meyer verduidelik.
“As ’n pels van ’n hoë kwaliteit is, kan die ontwerper die hele pels gebruik. Hoe swakker die gehalte, hoe minder van die pels is bruikbaar en hoe meer pelse is nodig om een uitrusting te maak,” sê sy. “Die verwerkingskoste word dus deur die afgerondheid van die pelse bepaal.”
Mnr. Jesper Lauge Christensen, uitvoerende visepresident (kommersieel) van Kopenhagen Fur, sê Namibië het tydens die April-veiling 52 000 pelse aangebied en in September 38 000. Kopenhagen Fur is die veilinghuis in Denemark waardeur Namibiese pelse twee keer per jaar in die buiteland bemark word.
Tydens die Swakarabedryf se bloeityd in die sestiger- en sewentigerjare van die vorige eeu, is daar jaarliks sowat 3 miljoen pelse na die buiteland uitgevoer. (Sien die artikel op bl. 4.)
Christensen sê Kopenhagen Fur beoog om Swakara as deel van die feesverrigtinge meer agressief in China te bemark.
“In China word 3 miljoen pelsuitrustings jaarliks verkoop. Dit beteken ontwerpers daar het 20 miljoen pelse per jaar nodig.”
Volgens hom beloop die internasionale pelsbedryf se kleinhandelomset jaarliks digby die N$500 miljard, of U$S35 miljard.
Hy sê die Chinese ontwerper Wang Yutao, een van die toptien ontwerpers in dié land, is versot op Swakara en gebruik dit in sy veelkleurige ontwerpe.
Hy het vroeër vanjaar ’n plaas in Namibië besoek om die produksie-omstandighede van Swakara beter te verstaan en Kopenhagen Fur hoop om deur hom Namibiese pelse se gesogtheid in China te verbeter.
Ander uitdagings
Meyer sê twee ander uitdagings is om teen 2020 aan die strenger nuwe dierewelsynspraktyke vir die bedryf te voldoen, asook om armoedeverligting in die Suide te takel.
Sy sê teen 2020 sal geen pelse verkoop word wat nie gesertifiseer is nie. Die sertifisering behels die nakoming van die etiese produksiestandaarde en naspeurbaarheid.
Sy het ook bekend gemaak dat planne ver gevorder is om ’n wolverwerkingsaanleg op Keetmanshoop op te rig. Die goewerneurs van die Hardap- en ||Kharasstreek het reeds N$3 miljoen elk vir die projek beloof.
“Dit is in pas met die Harambee-welvaartsplan en deel van ons sosiale verpligting teenoor die gemeenskap,” sê sy en voeg by dat die Swakarabedryf reeds sowat ’n dekade gelede deur die regering tot ’n strategiese bedryf verklaar is vanweë sy potensiaal om groei en ontwikkeling in die Suide te stimuleer.
Volgens mnr. Chris Baisako, lid van die Swakararaad wat by die voorbereiding vir die aanleg betrokke is, is die plan om 360 ton Swakarawol by die aanleg te was en kam.
“Dit gaan oor waardetoevoeging en om die bedryf meer winsgewend te maak. In hierdie stadium kry produsente so ’n swak prys vir hul wol in Suid-Afrika, dat hulle dit liewer uitbrand.”
Hy sê navorsing moet nog gedoen word oor hoe die wol aangewend kan word, terwyl markte ook daarvoor gesoek moet word.
Mnr. John Mutorwa, minister van landbou, water en bosbou, het die Swakarabedryf geluk gewens met die besondere geskiedkundige mylpaal en gesê die Swakarastorie is een van visie, waagmoed en glans.
Hy het as gasspreker by die dinee gesê die regering het groot waardering vir dié bedryf wat onder die moeilike produksie-omstandighede in die Suide pelse produseer wat hoog in aanvraag is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie