Swakop-eiendomsagent kry agt jaar agter tralies
Kristien Kruger – Die voormalige eiendomsagent van Swakopmund, Erwin Sprangers (62), is vandag in die hoërhof in Windhoek tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Hoërhofregter Eileen Rakow het Sprangers op 11 September skuldig bevind op vyf klagte van diefstal en een klag van geldwassery. Sy het hom vandag tot 14 jaar tronkstraf op die klag van diefstal gevonnis waarvan ses jaar opgeskort is. Op die klag van geldwassery is hy tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat samelopend met die agt jaar uitgedien sal word.
Sprangers het tien jaar gelede US$900 000, sowat N$6,8 miljoen, van ’n generaal in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) se weermag, genl. François Olenga, gesteel ná ooreengekom is dat Sprangers die geld sou gebruik om in Olenga se eiendom in Namibië te belê en ontwikkel.
Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie