Swakop-eiendomsagent kry agt jaar
Erwin Sprangers is in September skuldig bevind dat hy tien jaar gelede sowat N$6,8 miljoen gesteel het.
Kristien Kruger – Erwin Sprangers is Vrydag in die hoërhof in Windhoek tot agt jaar tronkstaf gevonnis.
Hoërhofregter Eileen Rakow het die eiendomsagent van Swakopmund op 11 September skuldig bevind op vyf klagte van diefstal deur toe-eiening en een klag van geldwassery.
Rakow het hom Vrydag tot 14 jaar tronkstraf op die klag van diefstal gevonnis, waarvan ses jaar opgeskort is. Op die klag van geldwassery is hy tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat samelopend met die agt jaar uitgedien sal word.
Sprangers se verdediging het aangevoer dat hy verskeie gesondheidskomplikasies het, 'n eerste oortreder is en 'n belangrike rol in sy familie vervul.
Rakow het egter beslis dat gesondheidskomplikasies nie 'n vonnis beïnvloed nie en dat sy vonnis gelykstaande aan die erns van sy oortreding moet wees.
Rakow het wel in berekening gebring dat hy reeds 'n deel van die geld aan Olenga terugbetaal het.
Sprangers het tien jaar gelede US$900 000 by 'n generaal in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) se weermag, genl. Francois Olenga, gesteel.
Tydens die verhoor is vasgestel dat Sprangers en Olenga in Januarie 2010 'n mondelingse ooreenkoms aangegaan het dat Olenga die sowat N$6,7 miljoen in Sprangers se eiendomsagentskap se trustrekening sou inbetaal om te gebruik om Olenga se eiendom in Namibië te ontwikkel.
Die staat het beweer Sprangers het die geld vir eie gewin aangewend. Sprangers het aangevoer dat Olenga die geld aan hom verskuldig was in verband met 'n antieke Chinese vaas waarvoor Olenga 'n koper gevind het. Sprangers het beweer dat hy tydens die transaksie die vaas aan twee onbekende mans gegee het en dat die identiteit van die koper aan hom onbekend was.
Hy het aan die hof gesê die 18de eeuse Qiaolong Chinese vaas het aan 'n oorlede tante behoort wat dit aan sy oorlede suster gegee het.
Hy het egter geen bewyse gehad om die bestaan van die vaas óf die waarheid van die transaksie te staaf nie.
Olenga ontken enige kennis van die vaas se bestaan.
SKULDIG BEVIND
Rakow het op 11 September gesê die bewyse wat by die hof ingedien is staaf nie die beskuldigde se weergawe bo redelike twyfel nie.
“Die bewyse wat deur die staat ingedien is, dra meriete en weerspreek die weergawe van die beskuldigde,” het sy gesê.
Volgens Rakow is die hof oortuig dat die staat bo redelike twyfel kon bewys dat Sprangers 'n deel van die gesteelde geld na sy huisleningskema oorgeplaas het, wat die oorsprong van die fondse en die onwettige besit daarvan verbloem het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie