Swakop-hotel dien as inentingspunt
'n Plaaslike hotel het ruimte beskikbaar gestel vir die oprigting van 'n Covid-19-inentingspunt.
Irene-Mari van der Walt op Swakopmund – Hotel Zum Kaiser in Swakopmund se sentrale sakegebied huisves nou 'n inentingspunt in die konferensiesaal van dié luukse instansie.
Die hotelbestuurder, me. Anett Kötting, hoop dié stap sal die publiek aanmoedig om teen Covid-19 ingeënt te word.
“Ek is onlangs ingeënt en gelukkig was die rye nie lank nie. Ek weet mense wil nie in die rye staan nie omdat hulle dalk te lank moet wag,” sê sy.
Kötting het haarself die taak opgelê om besighede in die omliggende area persoonlik te besoek om hulle in te lig oor die opsie om by Hotel Zum Kaiser ingeënt te word.
Ten spyte hiervan sê me. Pamela Heigan, 'n verpleegster en vroedvrou wat help met die inentings by dié punt, het hulle relatief stadig begin. “Ons eerste dag was baie stadig, maar vandag gaan dit beter en ons hoop dit sal só voortduur,” het sy op hul tweede dag gesê.
Volgens Heigan duur die oorlog teen fopnuus voort. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om twyfelagtige bronne te vermy en hul besluite te neem op grond van hul omgewings.
“Valse inligting word gewoonlik versprei deur mense wat nie eintlik in die gesondheidsorgsektor werk nie. Kyk liewer rondom jou en oordeel self sodat jy 'n ingeligte besluit kan neem.”
Sy het opgemerk die mees algemene newe-effekte van entstowwe sluit hoofpyn, maagkrampe, lyfseer, pyn en swelling in die area waar die entstof toegedien is, en moegheid in. Hierdie newe-effekte kan wissel na gelang van die entstof wat toegedien word en op individuele basis.
“Die entstof is die veiligste manier om hierdie te oorleef,” het sy gesê.
Kötting het gesê sy probeer nie oorreed nie, maar versoek eerder die publiek om ingeënt te word. “Ons is in die sakegebied, so ondernemings kan hul personeel hierheen stuur. Hulle sal minder werk mis,” het sy gesê.
Die proses om hulself as inentingspunt te vestig, was vinnig en moeiteloos, het sy bygevoeg. “'n Span van die ministerie het Donderdag gekom en gesê hulle sal die volgende Maandag hier wees. En daar was hulle!”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie