Swakop-ollie gaan plaasjapie word
Die rondloperbul het glo skade aangerig en menselewens bedreig, en moet nou (weer) ander blyplek kry.
Francoise Steynberg - Die olifant wat hom in die Swakoprivier naby die Rössmund-gholfklub tuisgemaak het, gaan weer eens ’n ander heenkome kry.
Dié rondloperbul gaan vandeesweek verskuif word, het die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, gister aan Republikein gesê.
Volgens hom is verskeie klagtes van inwoners wat naby die Rössmund-gholfklub woon oor beskadigde eiendom en die bedreiging van menselewens ontvang.
“Twee boere het aangebied om die olifant op hul private plase te huisves. Ons het een plaas gekies, maar om intimidasie te vermy, sal die naam van die eienaar en plaas nie verstrek word nie,” het Muyunda gesê.
Volgens hom is die ministerie besig om die finale reëlings te tref om die olifant vandeesweek te verskuif.
Muyunda sê die olifant sal die staat se eiendom bly.
Die grootpoot het op Oukersdag vir die eerste keer vars seelug op Swakopmund gaan soek – tot groot vermaak van vakansiegangers aan die kus. Die ministerie het hom toe teruggelok binneland toe om probleme te vermy.
Die olifant het ’n wyle in die Omarururivier vertoef, waarná die ministerie besluit het om hom vroeg in Januarie na die Erindi Private Wildreservaat te verskuif.
Dié besluit is ook gewysig toe die ollie hom goed gedra het in die Omarururivier waar voldoende kos en water vir hom was.
Die flapoor is toe op 22 Januarie met ’n nekband toegerus om sy bewegings te monitor.
Op 9 Februarie het hy weer kus toe uitgewyk en homself in die Swakoprivier gevestig.
Aanvanklik het rivierbewoners nie oor sy teenwoordigheid gekla nie en het hy selfs ’n draai by die Riverside-perdrysentrum en die Rösmund-gholfklub gemaak.
“Mense is altyd net aan die kla,” het ’n rivierbewoner gister gesê, wat die gholfklub drie keer ’n week besoek en die olifant nooit gesien het nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie