Swakop-ollie is terug by die kus
Francoise Steynberg - Die olifantbul wat Oukersdag vakansiegangers by Swakopmund verras het, was gister terug by die kus.
Hy het homself sedertdien ná lang draaie in die Omarururivier gevestig, waar hy twee weke gelede deur die ministerie van die omgewing en toerisme met 'n nekband toegerus is.
Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het nog Woensdag tydens sy Nuwejaarsboodskap aan sy personeel en media in Windhoek vertel hoe goed die grootvoet in die Omarururivier aangepas het.
Die rondloper het tog weer wanderlust en verlange na die seelug gekry en Saterdagnag deur die Swakoprivier teruggeloop kus toe.
"Sondagoggend het ons hom by Langstrand na Walvisbaai se kant toe gevind," het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
"Ons personeel het hom in sy spore gestuit en ons probeer hom terug na die binneland lok.
"Die afgelope twee weke het die olifante in die Omarururivier in die rigting van Hentiesbaai gestap en elke keer kon hulle teruggedryf word," het die woordvoerder gesê.
"Ons gaan die olifant probeer teruglok na die Omarururivier, andersins sal ons hom vang as dit nodig is."
Muyunda het gisternamiddag bevestig dat die bul inderdaad die Swakop-ollie is en sy nekband is nog om sy nek.
"Ons kon daarin slaag om die olifant tot in die Swakoprivier naby Rössmund te laat beweeg"
Muyunda doen 'n beroep op die publiek om weg te bly van die olifant terwyl die owerhede probeer om hom terug na die Omarururivier te lok.
Inwoners langs die Swakoprivier het Sondagoggend olifantspore gesien.
Die eienaar van die Riverside-perdrysentrum, me. Sandra Mendes, het gesê die grootvoet het doodluiters by die hek ingestap, water gedrink en homself teen 'n palmboom geskuur. Volgens haar het hy geen skade aangerig nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie