Swakop-ollie met nekband toegerus
Francoise Steynberg - Die rondloper-olifantbul wat Kerstyd by die see gaan kuier het, is gisteroggend in die Omarururivier met ’n nekband toegerus.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het gister laat weet die grootvoet se nekband is suksesvol aangesit om hom te monitor en te bestuur.
“’n Span beamptes van die ministerie en ons veearts het hom in die Omarururivier verdoof en met ’n nekband toegerus,” het die woordvoerder gesê.
Volgens die ministerie se veearts, dr. Janine Sharpe, het die olifant se toestand ook verbeter sedert hy van Swakopmund af in die Omarururivier aangekom het.
“Hy het beslis gewig opgetel vandat ek hom laas op Swakopmund gesien het. Die olifant bevind hom hier in ’n oase waar hy oorgenoeg te ete en te drinke het,” het sy gister gesê.
“Bloedmonsters is van die olifant geneem om hom vir moontlike siektes te toets. Hy het ook vitamieninspuitings gekry om sy immuniteitstelsel te versterk,” het Muyunda gesê.
Volgens die woordvoerder het die gebied waar die flapoor is goeie weiding en water.
“Ons is vol vertroue dat hy hier sal oorleef en floreer.”
Beamptes van die ministerie sal die olifant bly monitor tot hulle van sy welstand seker is.
“Hierdie is ’n duidelike teken van ons toewyding daaraan om ons natuurlike hulpbronne, veral ons wildlewe, te beskerm,” het Muyunda gesê.
Die grootvoet, wat verlede jaar al by AfriCat se Okonjima Lodge naby Otjiwarongo gaan kuier het, het vakansiegangers op Oukersdag met sy teenwoordigheid by die see verras.
Hy is met water en voer na die binneland teruggelok en is voortdurend gemonitor.
Die olifant het tot by Klein Spitzkoppe in die binneland gestap, daarná teruggeswenk kus toe en homself uiteindelik in die Omarururivier gaan tuismaak.
Die ministerie wou die rondloperbul aanvanklik na die Erindi- Private Wildreservaat naby Omaruru verskuif, maar het later besluit om hom met ’n nekband toe te rus.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie