Swakop-ollie op Zannier-reservaat vrygelaat
In minder as 48 uur nadat die Swakop-ollie vanaf die Rössmund-gholfklub naby Swakopmund gevang en verskuif is, is hy in die 7 500 hektaar Zannier-wildreservaat by N/a’an ku sê oos van Windhoek vrygelaat.
Die olifantbul het Sondagaand veilig by sy nuwe tuiste aangekom en is eers in die boma vrygelaat.
Al die verskuiwingskoste van sowat N$500 000, wat die konstruksie van 'n boma insluit, is deur die Shiloh Wildlewe-toevlugsoord in vennootskap met die N/a’an ku sê-stigting, gedek .
Marlice van Vuuren, uitvoerende direkteur van N/a’an ku sê, het gesê die olifant is deur Shiloh Jolie-Pitt, Namibies-gebore dogter van die akteurs Angelina Jolie en Brad Pitt, na Apollo herdoop .
Dr. Rudie van Vuuren, uitvoerende hoof van N/a’an ku sê, het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, die polisie en ander belanghebbendes bedank vir die uiters doeltreffende manier hoe die verskuiwingsoperasie hanteer is.
Hy sê die huidige hoktydregulasies is streng deur die polisie en gesondheidsbeamptes van Swakopmund toegepas.
Foto N/a’an ku sê

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie