Swakop se nuwe waterkant vóór seisoen oop
Des Erasmus
Die weg is gebaan vir die oopstelling van die handelsvertakking van die waterkantontwikkeling op Swakopmund se noordstrand, Platz am Mer, nog voordat die hele kompleks voltooi is.
Met die golfbreker en die sleephelling vir klein vaartuie soos skibote kan nog gewag word.
Die verlof vir die oopstel van die handelsafdeling is deur die stadsraad van Swakopmund gegee op ’n versoek deur die ontwikkelaars, Safari Investments. Volgens die oorspronklike ooreenkoms tussen die ontwikkelaars moes die ganse aanleg voltooi wees voordat met sake begin kon word.
Die toegewing baan die weg vir die moontlike oopstelling van die nuwe sentrum voor die begin van die groot vakansieseisoen in Desember. Die stadsraad bepaal wel dat ’n geskiktheidsertifikaat vir die handelsafdeling vóór die oopstelling uitgereik moet word. Dit sal onder meer oor die konstruksie self, die meganika, die handhawing van gesondsheidsbeginsels en veiligheid en voorsorg teen moontlike brande handel. Sodanige goedkeuring sal deur ’n voorlopige sertifikaat deur die bouinspekteurs gegee word.
Nog ’n vereiste is dat die gebied van die voorgestelde golfbreker en sleephelling vir skibote in belang van veiligheid van besoekers afgesper moet word.
Vir die doeleindes van die gedeeltelike oopstelling sal die golfbreker en die sleephelling steeds as konstruksiegebiede beskou word. Dit sal ’n gebied wees waaroor die ontwikkelaar volle beheer sal moet uitoefen.
Die norme wat vir die golfbreker en sleephelling gestel word, is dieselfde as vir die Mole wat nou deur die vaartuie gebruik word. Platz am Mer moet selfs ’n veiliger plek as die Mole word, is ’n vereiste wat deur die stadsraad gestel word.
Die ontwikkelaars voer aan dat die golfbreker en die sleephelling komplekse dele van die ontwikkeling is en gevolglik tydrowend kan wees. Safari Investments voer aan dat ’n model selfs opgestel moet word om die werking van die see te monitor voordat met bouwerk begin word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie