Swakop-skool onderskei tussen ontgroening en oriu00ebntering
Swakop-skool onderskei tussen ontgroening en oriu00ebntering

Swakop-skool onderskei tussen ontgroening en oriëntering

Yandi Du Plessis
Adam Hartman op Swakopmund – Karakterbou, dissipline en akademiese prestasie word as agtenswaardige uitkomste vir die oriëntasie van nuwe leerlinge beskou, terwyl praktyke wat fisieke en sielkundige mishandeling onder die dekmantel van ontgroening kan behels, teen die wet is.

Só is ooreengekom tussen ouers van graad 8-leerlinge van Namib High School op Swakopmund; die skoolhoof, me. Roosmarie ­September; en die onderwysdirekteur van die Erongostreek, me. Ernfriede Stephanus, tydens 'n onlangse vergadering nadat die skool met regstappe gedreig is ná beweerde mishandeling tydens die skool se jaarlikse ontgroeningsproses wat verlede week begin het.

Beweringe is gemaak dat van die skool se leerlinge aan fisieke en emosionele mishandeling onderwerp is. Die ouers het die skool – deur hul prokureur, mnr. Richard Metcalfe – gewaarsku om die ontgroening te staak, aangesien dit 'n oortreding is van artikel 8 van die Wet op Basiese Onderwys van 2020 wat voorsiening maak vir die “verbod op fisieke en geestelike geweld en ontgroeningspraktyke teen leerlinge”.

Dit bepaal basies dat enige praktyk – hetsy fisiek, verstandelik, emosioneel of sielkundig – wat kan lei tot beserings of die afbreek van 'n leerling se karakter, 'n strafregtelike oortreding is.

September het 'n verslag aan die vergadering voorgelê waarin sy die positiewe aspekte uitlig van wat gepas 'n “oriënteringsprogram” genoem word.

“Ons begin elke jaar met ongeveer 180 graad 8-leerlinge wat uit verskillende skole en verskillende kulture en ekonomiese agtergronde kom – vandaar ons oriënteringsprogram,” het sy gesê.

Volgens haar het die program ten doel om verhoudings tussen nuwe leerlinge te vorm; spangees te bou; “ewige” herinneringe te skep en om graad 8's te help om die skool se kultuur en tradisies te verstaan en te waardeer.

Sy het verduidelik die nuwe leerlinge word saam met leerlinge van ander skole in klein groepies verdeel en neem deel aan aktiwiteite waar hulle op mekaar moet staatmaak.

“So moedig ons hulle aan om mekaar te leer ken en nuwe bande te smee. Die bedoeling is om karakter te bou en skoolkultuur te bevorder en die leerlinge 'n eenheid te maak; die bedoeling is en was nooit om enige leerling skade te berokken nie,” het sy gesê en bygevoeg die oriëntering vind onder streng toesig van die leerlinge se verteenwoordigende registeronderwysers plaas.

Die ouers het by monde van Metcalfe die noodsaaklikheid van laasgenoemde beklemtoon om te verseker dat afknouery nie plaasvind nie.

Daar is verder ooreengekom die hooffokus van oriëntasie sal wees die versterking van karakter, dissipline en die “uitnemendheid in alle sfere waarvoor Namib High School bekend is”, en dat hierdie voorneme verseker en bewaar sal word.

Trouens, daar sal ook te alle tye van leerlinge verwag word om hulself “sonder uitsondering” aan sulke dissipline te onderwerp.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!