Swakop slaan bres vir behoud van heelal

Des Erasmus
Des Erasmus



Kunstenaars van internasionale aansien se saamstaanpoging in die stryd teen klimaatsverandering en vir die behoud van die omgewing het vir minstens nog twee weke 'n vastrapplek in 'n Swakopmundse galery gekry met 'n uitstalling in die Fine Art Gallery.

Uniek is een werk van Carl Brenders, internasionaal bekend as 'n ­leiersfiguur in die veldtog.

Die uitstalling is reeds aan die gang en sal tot 18 Mei in die galery in die hoofstraat voortduur. Volgens die eienaar, Martina von Wenzel, geniet dit groot belangstelling onder versamelaars, kunskenners en omgewingsbewustes. Dertig kunstenaars van ­internasionale aansien se werke word in 35 uitgesoekte stukke vertoon.

Carl Brenders is 80 jaar oud, maar skilder steeds. Juis sy vernuf, toewyding en presiesheid het gelei tot sy legendariese “net een skildery” per jaar.

Waar die hier te lande bekende Paul Dixon en A.E. London se kuns aanvanklik tot die groot belangstelling in die uitstalling gelei het, het kuns­tenaars soos Robert Bateman nou ook bygekom. Al die werke is op die omgewing ingestel en die doel is om galerygangers oor die behoud van wildlewe te beïnvloed, in die besonder wilde diere. Naas Brenders word Bateman vereer as 'n voorloper van kuns ter beskerming van die omgewing.

Die strewe van die wêreldwye kuns­tenaars het hulle aansluiting laat vind by 'n instansie bekend as die Kayamoja ArtConnects Trust. Dixon en London is lede van die ­internasionale vereniging van dierekunstenaars.

Hul werke is ook tot beskikking van ArtConnects.

Die skone verset spruit uit statistiek oor aardverwarming, natuurrampe, die verdwyning van natuurlike woude en kosskaarste as gevolg van die mens se toedoen, en skokkende afnames in die voorkoms van soogdiere, voëls, reptiele en vis. Van die statistiek wys op uitwissing van tot 52 persent.

Saam met die kunstenaars span ook beeldhouers wat konsentreer op hoe dit eens was.

Galerygangers kan in 'n loting ook die trotse eienaars van 'n Dixon word. 'n Kaartjie om deel te neem, kos N$100.

Die waarde van Dixon se “The point of the Rhino” word op N$20 000 geskat. Dit is 'n kunswerk van 60 x 45 sentimeter.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!