Swakop weer in die finaal
Ná 11 stemdae het Swakopmund opnuut as die weste se finalis na die finale van Namibia Media Holdings (NMH) en vennote se Dorp van die Jaar-kompetisie vir 2017 (NTY2017) deurgedring.
Swakopmund sal by aanstaande jaar se Namibië Toerisme Ekspo teen Ondangwa, Otjiwarongo en Lüderitz meeding.
Die wyse waarop die munisipaliteit van Swakopmund en toerisme-ondernemings op die dorp ekstra moeite gedoen het om stemme vir hul dorp te werf, het ‘n reuseverskil gemaak. Swakopmund het uit die sewe deelnemende dorpe 41% van alle stemme ontvang, gevolg deur Walvisbaai (16%), Arandis (11%) en Usakos (10%).
Me. Aili Gebhardt, korporatiewe beampte vir bemarking en kommunikasie by die Swakopmund munisipaliteit, sê die kompetisie was vir hulle uiters opwindend en het spanbou, samewerking en die benutting van ondersteuningsnetwerke bevorder.
Volgens me. Maggy Mbako, NMH se hoof van openbare betrekkinge, wil die kompetisie juis dorpe aanmoedig om eienaarskap van hul dorp se toerisme- en ontwikkelingspotensiaal te neem. Deel van die finaliste se prysgeld sluit die bevordering van SME’s in hul dorpe in.
NMH bedank alle dorpe en inwoners vir hul deelname, asook ons vennote: Nedbank Namibia, Coca-Cola, Waltons/Mondi Rotatrim, Vivo Energy/Shell. Pupkewitz Nissan, Kanaal 7 en die Africa Leadership Institute (ALI).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie