Swakopmund groet geliefde ds. Manus
Swakopmund groet geliefde ds. Manus

Swakopmund groet geliefde ds. Manus

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Swakopmund se geliefde ds. Manus Olivier (59) is Sondagoggend omstreeks 11:07 ná 'n lang stryd teen kanker oorlede.

“Hy was 'n dapper ou gewees, een van die voorstes wat werk gedoen het onder mense wat hy na verwys het as 'nog-nie gelowiges'. Hy was ook wyd betrokke in gemeenskapsprojekte soos om huise te bou vir die wat nie het nie,” vertel ds. Thijs van der Merwe, sekretaris van die NG Kerk in Namibië.

Hy sê Olivier was boonop wyd belese en het in praktiese teologie gedoktoreer. Hy was ook van die leraars wat voorgevat het om kleiner groepies binne gemeentes te vestig.

Van der Merwe sê Olivier het meer as 90 bestralings teen kanker in sy sinusholtes gehad en tot nog onlangs toe het sy onkoloog gemeen dit gaan redelik goed met hom.

Olivier het egter sowat twee weke gelede wéér siek geraak.

“Hy is die afgelope Dinsdag in die hospitaal opgeneem en het toe in 'n koma verval, waaruit hy nie wakker geraak het nie. Hy is toe vanoggend (Sondag) oorlede,” het Van der Merwe vertel.

Ds. Christo van den Heever, wat meer as 30 jaar lank Olivier se kollega by die NG Kerk op Swakopmund was, sê Olivier het reeds sedert 2011 'n pad saam met kanker geloop en was die laaste keer in Desember in Suid-Afrika vir bestraling.

Van den Heever sê Olivier en sy vrou Theresa het twee dogters van hul eie, maar ook twee aangenome dogters en dat daar ook reeds een kleinseun was.

“Hy het 'n passie gehad, veral vir mense wat nog nie die Here geken het nie en het buite die kerk rondbeweeg. Hy was werklik daar vir diegene in nood,” vertel Van den Heever.

“Hy was 'n denker, iemand wat 'n bietjie 'nuut' gedink en ons almal uitgedaag het om nuut oor gemeentewees te dink. Hy was 'n omgeemens,” het Van den Heever gesê.

Boodskappe van meegevoel en simpatie het gister op sy Facebook-blad ingestroom. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!