Swakopmund lewer gehalte dresseer en spronge

Perdesport
Tielman van Lill
Die afgelope naweek het die perdryklub Reiterverein Swakopmund en The Tug restaurant die jaarlikse dresseer- en springderbies op dié kusdorp aangebied.
In die dresseer-afdeling moes deelnemers drie verskillende toetse aflê om te kwalifiseer. Die voorste vier junior, volwasse en kinderruiters moes behoorlik uithaal om hul ruiterkuns ten toon te stel. Elke ruiter moes vier verskillende perde ry om hul slag in die spesiale derby dresseertoets te wys.
Hoë gehalte vertonings is gelewer en in die junior en volwasse kategorie het die volgende kombinasies die beste gevaar: Gesche Gilchrist op Seeis Dansuelo, Sumari Piepmeyer met Katiti Legolas, Elizabeth Rossouw met Büllsport Constantin en Anika Maritz op Baron von Sphinxblick.
Beide perd en ruiter het punte vir dié dissipline ontvang, waar Gesche Gilchrist as ruiter en Baron von Sphinxblick geseëvier het.
By die kinderruiters het Nadine Esselmann op Mahati, Sarita Rossouw met Fury, Carmen Piepmeyer en Jason asook Kyra Roets op Oskar gekwalifiseer. Rossouw is as die voorste ruiter bekroon, terwyl Oskar skoonskip gemaak het.
Vir vele toeskouers was die spronge natuurlik die mees aanskoulike items. Nadat twee kwaliferingsrondes afgelê is, het die ruiters mekaar op die derby-baan gepak.
Dié soort baan beskik oor meer uitdagings waarvan sommige onbeweegbaar is, soos wat dikwels in veldbyeenkomste opgestel word. Sulke bane is nie maklik nie en net ryers kon deelneem wat al spronge van 90 cm en hoër baasgeraak het.
Die 90 cm-afdeling is deur Gesche Gilchrist op Seeis Dansuelo ingepalm. Nadat dié kombinasie beide die dresseer en spring-dissiplines gewen het, kan die talent van Gilchrist nie misgekyk word nie wat haar pragtige en goed afgerigte perd uitstekend beheer het.
Die naaswenners in die groep was Franmarie Lang-Becker op Mercury en Anika Maritz op Baron von Sphinxblick.
Die 1.00 meter-afdeling is deur Kerstin Garbade en Voigtskirsch Avatar opgeraap, terwyl Michelle Künzle op BeeBee Jay Tweede en Ingrid Kotze met Sentinel derde was.
Die 110 cm-derby is deur Sheena Dürr op Claratal Duneside Kiera verower nadat sy die enigste foutlose vertoning kon lewer. Nadine Flemming en Seeis Eymet en Svenja Spath op Metzger Drilling Bodenhausen Zambezi het elkeen twee foute begaan om gesamentlik tweede te eindig.
In die 120 cm-afdeling was daar net twee deelnemers en Michelle Künzle op Mon Gold was hier baas.
Sonder The Tug restaurant se verbintenis tot die sport, sou dié byeenkoms nie moontlik gewees het nie.
Brett Southworth van The Tug was byderhand om al die trofees aan die onderskeie wenners te oorhandig, waarna hy die organiseerders opnuut van sy volgehoue steun in die toekoms verseker het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!