Swakopmund vier steeds Erfenisweek
Kuns en vermaak
Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging, die COSDEF Arts and Craft Centre, die ministeries van onderskeidelik onderwys, kuns en kultuur asook van inligting en kommunikasietegnologie het vanjaar weer hande gevat om die Swakopmund Erfenisweek aan te bied.
Die Wetenskaplike Vereniging nooi die publiek uit om tussen 21 en 27 September die vieringe van Erfenisweek 2020 mee te maak. Dit word by die Swakopmund Museum en die COSDEF Arts and Crafts Centre aangebied.
Die tema van vanjaar se vieringe is die ontwikkeling van kulturele veerkragtigheid in omstandighede wat as die “nuwe normaal” beskou word. Met dié tema in gedagte, word van die geleenthede vanjaar ook aanlyn aangebied.
Die amptelike opening vind op 21 September om 10:00 plaas. Tydens die geleentheid sal almal herinner word hoekom 'n erfeniskultuur belangrik is.
Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging sal 'n nuwe uitstalling genaamd Beacon of Hope bekendstel, wat die huidige coronaviruspandemie en die destydse Spaanse grieppandemie met mekaar vergelyk. Dit sluit ook verhale van hoop vanuit die Swakopmund-gemeenskap in.
Om 12:00 sal 'n virtuele klaskamer-werkskool vir onderwysers aangebied word deur die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie. Dié werkskool is spesifiek ontwerp vir onderwysers wat van die Zoom-platform gebruik maak om aanlyn klasse aan te bied. Dit bied 'n omvattende handleiding om 'n virtuele klaskamer te skep. Dit is 'n aanlyn-geleentheid wat op Facebook vertoon word.
Op 22 September word 'n werkskool deur die talentvolle kleremaker Tilla Smit aangebied wat deelnemers sal leer hoe om hul eie maskers te ontwerp.
INSIG OP 1918-PANDEMIE
Op 23 September word 'n toer van die Beacon of Hope-uitstalling aangebied. Die assistent-kurator van die Swakopmund Museum, me. Nadine Phiri, sal interessante insig bied oor die huidige Covid-19-pandemie en dit vergelyk met Spaanse griep, die vergete pandemie van 1918.
Besoekers sal hoor van inspirerende verhale uit die Swakopmund-gemeenskap wat tydens die Stories of Hope-projek versamel is.
Op dieselfde dag sal die hoof maatskaplike werker van die Erongostreek, me. Audrie Gaes, 'n voorlegging oor stigmatisering tydens Covid-19 aanbied, wat ook regstreeks op Facebook uitgesaai sal word.
Op 24 September word 'n volhoubare groentetuin-werkskool by die COSDEF Arts and Crafts Centre aangebied. Die deelnemers sal leer hoe om groentebeddings te bou, saad van hul eie plante voor te berei en te stoor asook baie nuttige wenke ontvang vir die verbouing van groente in die woestynklimaat van Swakopmund.
Op 25 September word 'n Namibiese film-aand op die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging se Facebook-blad aangebied. Die Namibiese Filmkommissie stel twee dokumentêre rolprente beskikbaar – “Once we were hunters” en “Mbunza of the Kavango”. Eersgenoemde fokus op die lewensbestaan van die San-gemeenskap – hoe hulle hulself in Namibië gevestig het en hoe hulle deur modernisering geraak word.
“Mbunza of the Kavango” fokus op die erfenis en kultuur van die Mbunza-gemeenskap. Dit word vertel uit die perspektief van 'n Mbunza-seun wat bekommerd is oor hul erfenis wat wegkwyn.
Op 26 September word die “Why I love my culture”-video op Facebook vertoon.
Alle aktiwiteite is onderhewig aan die huidige Covid-19-regulasies. Registrasie is 'n vereiste om die geleenthede by te woon. Kontak me. Irina Ivanova by [email protected] of skakel tel 064 402 695 om te registreer.
Die programskedule is beskikbaar op Facebook (Scientific Society Swakopmund).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie