Swakopmunder passievol oor hekel
Swakopmunder passievol oor hekel

Swakopmunder passievol oor hekel

Tanja Bause
Tanja Bause – Me. Maria Shannon, beter bekend as Ria, hekel haar lewe lank en het onlangs met die hulp van haar dogter haar komberse op Facebook geplaas om te verkoop.

“Ek het nog nooit in my lewe my goed verkoop nie, maar dit is moeilike tye en mens moet maar doen wat jy kan.”

Ria se ouma het vir haar as ’n klein kind geleer hekel en brei.

“Ek het toe ek in die laerskool op Kombat was pouses gesit en hekel. Later toe ek in die hoërskool op Grootfontein was, het ek dieselfde gedoen. Dit is iets waaroor ek nog my hele lewe lank mal was. Natuurlik het ek gewerk ook, maar in my vrye tyd het ek gehekel,” het sy gesê.

Sy het egter nog nooit haar hekelwerk verkoop nie.

“Ek het oor die jare duisende kindertjies en babas geklee met my hekelwerk – van jasse, mussies tot skoene, maar ek het die klere altyd weggegee omdat dit vir my lekkerder is om te gee as om te ontvang.”

Tye het egter nou verander en Ria hoop dat markte binnekort weer sal begin sodat sy haar komberse daar kan verkoop.

“Sodra ons weer op Swakopmund begin om markte te hou, sal ek probeer om my gehekelde komberse daar te verkoop. Mense kan dan ook vir my kom sien as hulle dalk ’n spesifieke kombers wil hê. Ek het al mense gehad wat gesê het hulle is op soek na ’n kombers soos wat hulle ouma gehad het op ’n foto en dan hekel ek dit van die foto af. Dit is geen probleem nie,” het sy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!