Swakopmunders gee ruim
Tanja Bause - Twee dae nadat dr. Wolfgang Tietz en mnr. Clifford Pfohl ‘n beroep op die inwoners van die Swakopmund Retirement Village gedoen het om geld te skenk om kospakkies aan die minderbevoorregtes in die DRC- informele nedersetting te gee, het hulle N$43 000 ontvang.
“Ons het die geld aan die Rotariër-klub op Swakopmund oorhandig wat saam met Dein Ball für Namibia en Helping Hands die kospakkies pak en in die informele nedersetting uitdeel. ‘n Pakkie bestaan uit kos, toiletware en klere en kan vyf tot sewe mense vir een week ondersteun,” het Tietz gesê.
“Met die geld wat ons van ons inwoners ontvang het sal ongeveer 2 000 mense vir een week kos kry. Ek en Clifford is oortuig die geld sal oordeelkundig bestee word.”
Dein Ball für Namibia wat die dryfkrag agter die voedings- en versorgingsprojek is, is in 2018 deur die Duitse burger mnr. Tony Daugals in Namibië gestig.
Die hoofdoel was om sokker onder jeugdiges te bevorder en in samewerking met die SFC Swakopmund Sportklub word jong talent bevorder.
Ná die aankondiging van die hoktyd het die organisasie besluit om kos vir hul spelers in te samel wat in die informele nedersettings woon.
Hulle het met die Rotariër-klub en me. Anja Rohwer van Helping Hands saamgespan en die projek uitgebrei om alle behoeftiges te help. Lede van die SFC Swakopmund Sportklub help om die pakkies te pak.
Daugals en sy span is die voetsoldate wat saam met Rohwer die pakkies uitdeel en die Rotariërs maak seker al die skenkings word eksklusief vir die projek aangewend.
“Die raad van Swakopmund Retirement Village het die geldinsameling met N$10 000 van die huiseienaars se spaargeld begin, natuurlik met hulle toestemming. Die res van die geld is deur die huiseienaars geskenk,” het Tietz gesê.
Van die skenkings het Dein Ball für Namibia van Duitsland ontvang en 2 800 kospakkies is alreeds uitgedeel. Die Rotariër-klub op Swakopmund het ook N$10 000 geskenk.
“Ons hoop dié inisiatief van die Swakopmund Retirement Village sal bewustheid skep en ander groepe, mense en besighede aanmoedig om te besluit om diegene te help wat niks het nie.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie