Swakopmunders skuld meer as N$100 miljoen
Swakopmunders skuld meer as N$100 miljoen

Swakopmunders skuld meer as N$100 miljoen

Erwin Leuschner
Erwin Leuschner

Inwoners van Swakopmund skuld die munisipaliteit meer as N$100 miljoen.

Dié syfer is die afgelope Donderdag tydens die dorpsraad se laaste vergadering vir die jaar bekend gemaak. Op die vergadering het raadslede aandag gegee aan die kwessie van die invordering van uitstaande skuld.

Uitstaande waterrekeninge maak ‘n aansienlike deel van dié skuld uit. Volgens die agenda het Swakopmund nog geen watertoevoer as gevolg van wanbetaling afgesny nie – soos volgens die kabinet se opdrag.

“Dis prysenswaardig wat die raad bereik het, veral as jy die situasie in ander dorpe in ag neem. Ons het nog geen inwoners se watertoevoer afgesny nie,” het die raadslid van die Landless People’s Movement (LPM), mnr. Blasius Goraseb, gesê. Hy het inwoners aangemoedig om hul rekeninge te vereffen sodat “ons nie streng maatreëls hoef te oorweeg nie”.

“Ons het hierdie N$100 miljoen nodig. Kom ons betaal ons rekeninge,” het hy gesê.

Die raad het tydens die vergadering besluit inwoners sal tussen 1 Desember 2021 en 31 Maart 2022 ‘n grasietydperk gegun word om reëlings te tref vir die vereffening van hul uitstaande skuld.

“Die raad keur ‘n korting van 10% goed vir die betaling van rekeningsaldo's ouer as 90 dae,” lui die agenda.

Verder is die finansiële afdeling tans “besig met skuldinvorderingstrategieë met interne hulpbronne, sowel as deur ons skuldinvorderaars”. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!