Swakste bousyfers in 20 jaar
Net 13 nywerheids- en kommersiële bouplanne is in die eerste vier maande vanjaar in Windhoek goedgekeur, vergeleke met ‘n gemiddeld van 19 die afgelope twee dekades.
Jo-Maré Duddy – Bouplanne wat verlede maand deur die Windhoek-munisipaliteit goedgekeur en planne wat in die hoofstad voltooi is, was die laagste die afgelope 20 jaar.
Dit is die tweede opeenvolgende maand dat dié syfers die laagste in twee dekades is, toon IJG Securities se ontleding van die jongste data.
Verlede maand het 143 bouplanne die groen lig gekry. Die totale waarde hiervan is N$112,9 miljoen – N$105,5 miljoen of 48% minder as in April 2016. Net nege bouplanne ter waarde van N$26,7 miljoen in totaal is verlede maand voltooi, N$8,8 miljoen of bykans 25% minder as ‘n jaar gelede.
In die eerste vier maande vanjaar is 566 bouplanne goedgekeur, terwyl net 76 voltooi is. Die waarde van goedgekeurde planne vir dié tydperk is sowat N$242 miljoen of bykans 32,4% laer as dié van dieselfde vier maande in 2016. Voltooide bouplanne is N$100,6 miljoen of 49,5% minder.
Vir die 12 maande tot einde April staan goedgekeurde bouplanne op 1 694 met ‘n totale waarde van sowat N$1,73 miljard, nagenoeg 27% laer as dieselfde tydperk in 2016.
Volgens IJG daal die kumulatiewe syfer vir 12 maande voortdurend sedert die piek wat in September 2013 bereik is. Dit het met die helfte geval tot ‘n laagtepunt wat laas in 1991 waargeneem is, sê IJG.
Net 13 nywerheids- en kommersiële bouplanne ter waarde van N$50,1 miljoen in totaal is tot dusver vanjaar in Windhoek goedgekeur. Vergeleke met April 2016 is dit 58% minder planne en die waarde is N$213,3 miljoen of bykans 81% laer. Volgens IJG is gemiddeld 19,2 van die bouplanne in dié tydperk die afgelope 20 jaar goedgekeur. Die gemiddelde totale waarde was N$157,6 miljoen.
“Dit dui op ‘n besondere trae jaar sover,” sê dié ontleders.
Bietjie goeie nuus
Planne vir 100 nuwe wooneenhede is tot dusver vanjaar goedgekeur, 20 meer as dieselfde tyd verlede jaar.
Die totale waarde hiervan beloop N$180,6 miljoen, ‘n styging van 2% vergeleke met ‘n jaar gelede.
“Dit is bemoedigend om te sien die verlangsaming is minder fel in die residensiële segment met die dat die vraag na middel- en lae-inkomstebehuising steeds groot is.”
Vir vanjaar sien IJG egter nie ‘n lig in die konstruksiebedryf se tonnel nie.
“Met regeringsbesteding op infrastruktuur wat verlangsaam en die heersende ekonomiese klimaat wat dit toenemend moeilik maak vir banke om krediet te verleen, verwag ons verdere inkrimpings in die konstruksiesektor in 2017 en moontlik daarna.”
Die Bank of Namibia (BoN) se vooruitskattings beaam IJG se verwagtinge. In die BoN se ekonomiese vooruitskatting in Februarie word groei van -12% vir die konstruksiesektor vanjaar voorspel, gevolg deur groei van -8% in 2018.
Met konstruksie as ‘n leidende aanwyser vir die ekonomie meen IJG ekonomie in die algemeen gaan in die afsienbare toekoms onder druk bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie