'Swanestert-komeet' uit Namibiu00eb gekiek
'Swanestert-komeet' uit Namibiu00eb gekiek

'Swanestert-komeet' uit Namibië gekiek

Elvira Hattingh
Komeet Swan, in weten­skaplike kringe bekend as Comet C/2020 F8 SWAN, bereik vandag sy naaste punt aan die aarde, waarna dit op 27 Mei die naaste aan die son sal kom. Die Weense sterrefotograaf Gerald Rhemann het komeet Swan sedert middel April op die Namibiese plaas Tivoli deur sy 12-duim tele­skoop afgeneem. Een van hierdie foto's is reeds op 29 April as die Amerikaanse Ruimteagent­skap (Nasa) se Sterrekundige Foto van die Dag bekroon, terwyl dit sedertdien op talle wetenskaplike platforms bespreek en be­studeer word. Weten­skaplikes is glo verras deur die komeet se besonderse lang, blou stert. Hoewel dit moei­lik is om te voorspel hoe helder die komeet eindelik sal raak, sê Nasa sommige modelle dui aan dit kan tydens Junie dalk selfs met die blote oog sigbaar wees. Komeet Swan kom van die buitenste sonnestelsel en het onlangs tot binne die aarde se wentelbaan beweeg. Dit is die eerste keer in Maart deur 'n sterrekunde-entoesias opgemerk in foto's wat deur Nasa se SOHO-ruimtetuig geneem is. Die komeet is vernoem na die ruimtetuig se sonwind anisotropiese kamera, waarvan die afkorting Swan is.

Foto Gerald Rhemann

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!