Swanger tiener glo met dwelms betrap
'n Hoogswanger 17-jarige is een van vier mense wat op Rehoboth weens beweerde dwelmhandel aangekeer is.
Denver Kisting
'n Tienermeisie is die afgelope naweek tydens 'n klopjag weens beweerde dwelmhandel op Rehoboth aangekeer.
Die hoogswanger 17-jarige het Maandagoggend in die landdroshof op dié dorp verskyn.
Sy word daarvan beskuldig dat sy met dagga handel gedryf het.
Hoewel haar identiteit aan Republikein bekend is, word dit weens haar minderjarigheid weerhou.
Landdros André Matulich het die saak tot 8 Mei uitgestel sodat die jeugdige se omstandighede deur 'n maatskaplike werker onder die loep geneem kan word.
Intussen is sy tot dan in die sorg van haar voog vrygelaat.
Luidens 'n polisieverslag is 250 banksakkies skunk ('n sterk soort dagga) glo in die tiener se besit gevind.
Die polisie het Saterdag omstreeks 09:55 op dié sakkies, waarvan die straatwaarde N$16 000 beloop, beslag gelê, het adj.komm. Eric Clay van die Hardapstreek aan die koerant bevestig.
Mnr. Victor Mutumbulwa het die staat tydens die tiener se hofverskyning verteenwoordig.
Tydens dieselfde naweek is drie ander mans ook in Blok E weens beweerde dwelmbesit aangekeer.
Mnre. Anthony Uirab (18), Edison Uirab (29) en die 31-jarige Clemence Witbeen het Maandag voor landdros Desire Kamboua verskyn.
Vrydag om 15:25 is daar glo 15 heel Mandrax-pille, vier halwes en sewe kwartes saam met 31 balies dagga en N$795 kontant in die mans se besit gevind.
Volgens Clay is die straatwaarde van dié onwettige dwelms N$2 090.
Geen borgtog is Maandag aan die mans toegestaan nie.
Hulle het aangedui hulle wil om regshulp aansoek doen waarna die saak tot 14 Mei uitgestel is.
Mnr. Leonard Matheus het namens die staat aangekla.
Clay het by navraag gesê die polisieondersoek in albei sake duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie