Swanger vrou, baba en 100 ander van Wes-Afrika verdrink
’n Swanger vrou en ’n twee maande oue baba is vermoedelik onder die meer as 100 migrante wat Vrydag in die Mediterreense See verdrink het.
Luidens ’n verslag van die International Organization for Migration (IOM) het slegs drie mans die tragedie oorleef.
Volgens die drie oorlewendes – twee Soedanese en een Gambiër – was daar 120 mense aan boord. Die meeste van die vlugtelinge is afkomstig van Wes-Afrikalande.
“Die oorlewendes berig die boot het die Libiese kusdorp Garabulli Donderdagaand verlaat. Ná sowat tien uur op see het die boot water begin inneem en baie van die passasiers het verdrink. Die drie mans het daarin geslaag om ’n paar ure lank kop bo water te hou totdat ’n Italiaanse vlootpatrollievliegtuig hulle sowat 50 myl van die Libiese kus raakgesien het. Hulle is daarna deur ’n Italiaanse vloothelikopter opgepik en na die Italiaanse eiland Lampedusa gebring,” luidens die verslag.
DODETAL STYG
Volgens IOM is dit die tweede tragedie in slegs twee dae.
IOM berig 53 Afrika migrante het op 17 Januarie aan die kus van Spanje verdrink. Net een persoon het oorleef.
In ander reddingspogings die afgelope paar dae in die Mediterreense See het bemanning van die liefdadigheidskip Sea-Watch 47 migrante gered terwyl 68 migrante deur die Italiaanse kuswag gered is. Al die migrante was van Libië onderweg na Europa.
IOM rapporteer ook ten minste twee soek-en-redding- missies is deur Libiese eenhede uitgevoer wat tientalle mans, vroue en kinders gered het. IOM soek ook nog inligting oor die oorlewendes.
Volgens IOM het die dodetal sedert die begin van die jaar in die Mediterreense See tot 200 mense gestyg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie