Swanu: Grondwet moet verander
Namibië se oudste politieke party versoek dat voorvaderlike grondregte in die Grondwet beskerm word.
Augetto Graig
Swanu se parlementêre verteenwoordiger, mnr. Usutuaije Maamberua, dring daarop aan dat die Grondwet aangepas word om voorvaderlike grondregte te beskerm.
Volgens hom is die komende tweede nasionale grondkonferensie die ideale geleentheid om hierdie voorstel te bevorder.
Maamberua het Woensdag by 'n nuuskonferensie in die hoofstad gesê voorvaderlike grondregte is die werklike rede waarom 'n nasionale grondkonferensie genoodsaak is.
“Hoe kan ons met die grondkonferensie voortgaan as voorvaderlike grondregte deur sekere lede van die samelewing eenkant gestoot word?” het hy gevra.
Hy het ook 'n beroep op die regering gedoen om hul standpunt oor voorvaderlike grondregte duidelik uiteen te sit.
Maamberua het voorgestel die parlement implementeer dit, en dat dit van 1883 af geld, wat besluitneming oor voorvaderlike grondregte betref.
Dié spesifieke jaar is gekies omdat dit vóór die Duitse regering se besluit was om Adolf Lüderitz se grondeise in 1884 te verdedig, het Maamberua gesê.
Die veteraanleier het gesê dit skep probleme om Namibië as 'n land te sien waar die werklikhede van die verlede nie die huidige samelewing raak nie.
“Die verskeie ervarings van grondonteiening moet ons pogings beïnvloed om regverdig oor grond te wees as ons vrede en harmonie in Namibië wil sien,” het hy gesê.
“Ons kan nie deur die behoefte aan vrede verblind word, terwyl ons reg op voorvaderlike grond afgekeur word deur verskeie regeringskemas nie, soos in die geval van die hervestiging van mense op ons grond, wat nooit grond verloor het nie,” het hy gesê.
Maamberua het gesê voorvaderlike grondregte word nie in Namibië deur die regstelsel of die Grondwet beskerm nie.
Slegs die minderhede se grondregte word beskerm, terwyl tot 98% van Namibiërs geen reg op grond het nie, het hy gesê.
Maamberua het onder meer verwys na die lot van die Bondelswarts-, Khauas-, San-, Hai||om-, Topnaar- en Ovatue-gemeenskap, wie se grondregte voortdurend ondermyn word.
Wat hierdie minderhede daagliks ervaar, is gelykstaande aan interne kolonialisme, het hy gesê.
“Veral die San word aan groepshervestigingskemas onderwerp wat dieselfde as moderne konsentrasiekampe is,” het hy gesê.
Boonop word hul klein tuiste op Tsumkwe gedurig deur sterker en ryker Namibiërs met ernstige nagevolge binnegedring.
“Die regering word daarvan beskuldig dat hy aandadig daaraan is omdat hy nie sy mag gebruik om dit te staak nie,” het Maamberua gesê.
“Dit is duidelik inheemse minderhede se grondregte word nie deur politieke mag beskerm nie, en moet daarom deur die Grondwet verseker word,” het hy gesê.
Maamberua het gesê dit is moontlik om die voorvaderlike grondregte van hierdie minderhede te beskerm sonder om regverdigheid in te boet.
Hy stel voor spesifieke inheemse wetgewing word opgestel, wat voortvloei uit grondwetlike voorsiening.
“Tot 'n mate sal die insluiting van so 'n voorsiening in die Grondwet Namibiërs ook toelaat om iets te doen om die status van inheemse mense in Namibië te erken,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie