Swanu herdenk Ou Lokasie
Die oudste politieke party in die land sê Namibiese slagoffers het niks om voor verskoning te vra nie.
Augetto Graig - Swanu, Namibië se oudste politieke party, het Saterdag die gewelddadige verwydering van inwoners van Windhoek se Ou Lokasie op 10 Desember 1959 herdenk. Teenwoordig by die geleentheid was van die oorlewendes van die geskiedkundige gebeurtenis wat deur me. Rosa Namises verteenwoordig is.
Namises het dankbaarheid oor die herdenking uitgespreek en herinneringe gedeel van haar dae as ''n meisie wat deel was van ''n gemeenskap wat ten spyte van taal-, kultuur- en stamverskille mekaar ondersteun en saamgestaan het.
“Danksy die Ou Lokasie kan ek vandag ook Otjiherero praat,” het sy gesê. Sy het verwys na verlede week se beskuldiging deur die adjunkminister van grondhervorming, mnr. Bernardus Swartbooi, dat minister Utoni Nujoma mense van buite die streek in die Suide hervestig, dit terwyl Namas op die kantlyn staan. Swartbooi is deur president Hage Geingob die opdrag gegee om sy opmerkings terug te trek.
“Vandag is ''n dag om op te staan vir ons regte. Vandag sal ons praat oor ons land - die land wat van ons gesteel is. Ons eis vandag dat ons land aan ons teruggegee word. Ons weet hulle het ons mense vervolg, gejaag en vermoor en niemand van ons leierskap moet daarvoor verskoning vra nie.”
Namises het voorts gesê die dag moet nie “afgewater” word nie.
“Ons sal saamstaan, die waarheid praat en saam sal ons die land terugwen.”
Swanu se president, mnr. Usutuaije Maamberua, het tydens dieselfde geleentheid beklemtoon “slagoffers het niks om voor verskoning te vra nie”.
“Nie een van die lede van die groep sal verskoning vra nie,” het Maamberua gesê. Volgens hom verwag die slagoffers eerder van president Geingob se regering spesiale projekte in terme van grondhervestiging.
“Ons is verdryf en die grond is weggeneem. Daar moet ook gereedgemaak word om die Namibiërs te verwelkom wat uit die buiteland terugkeer. Van die Duitsers verwag ons ''n ware verskoning.”
Hy het voorts gesê die slagoffers is onlangs deur die Duitse ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Matthias Schlaga, “gyselaar” gehou.
“Ons verwag van die huidige regering dat hy (Schlaga) geskors en dadelik gedeporteer word,” het Maamberua gesê.
Volgens die Swanu-president eis die Namibiese slagoffers visie en programme van die regering om misdaad teen vroue en kinders uit te wis, asook ''n verklaring dat gesondheid, onderrig en werkgeleenthede in Namibië as menseregte beskou moet word.
“Armoede, in ''n land van oorvloed soos ons Namibië, moet ook as ''n skending van menseregte verklaar word.”
In terme van die herdenking van die geskiedkundig dag het Maamberua sy teleurstelling met die regering uitgespreek omdat dit nie ''n nasionale gedenkdag soos Cassinga - of heldedag is nie.
“As die regering nie belang stel om dié dag op nasionale vlak te herdenk nie, is Swanu reg om in te tree. Ons herdenk die dag sedert 1959 en bly vasbeslote om te verseker dat Namibië dit nooit sal vergeet nie,” het hy gesê.
Maamberua het ''n beroep op die president gedoen om sy houding teenoor die Ou Lokasie se herdenking te hersien en terselfdertyd die name van dié wat doodgeskiet is op ''n herdenkingsteen aan te bring.
“Ons sal saamstaan met die Herero, die Damara, die Nama en die San totdat hulle hul grond terugkry. Vergoeding moet deur dié gegee word wat ons van ons grond en ons besittings beroof het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie