Swanu se binnegevegte raak warmer
Swanu se binnegevegte raak warmer

Swanu se binnegevegte raak warmer

Tydens 'n “buitengewone kongres” het die party glo sy president geskors en hom uit die parlement herroep.
Augetto Graig
Augetto Graig – Swanu, die oudste politieke party in die land, sal volgens sy president, mnr. Tangeni Iijambo, op 25 September 'n kongres op Okahandja hou.

Die aankondiging is Maandag gemaak in dieselfde asem wat Iijambo die afgelope “buitengewone kongres” die naweek by die Tabitha-sentrum in die hoofstad as onwettig en ongrondwetlik beskryf het.

Swanu se oudpresident, mnr. Rihupisa Kandando, het die buitengewone kongres gelei, waar mnre. Alpha Kangueehi, Benjamin Limbo, Sam Tjikuzu en me. Kairaa Katjari in ­topposisies, naamlik hoof van politieke sake, hoof van administratiewe sake, sekretaris-generaal, en sekretaris van finansies onderskeidelik verkies is.

Die tema van die buitengewone kongres was “Ter verdediging van ons erfenis.” Iijambo is tydens dié vergadering glo ook as president geskors en die party het hom uit die parlement herroep.

Kandando was die sameroeper van die buitengewone kongres ná 'n takvergadering op 22 Mei op Epukiro waar 'n mosie van wantroue in die Swanu-leierskap ingestel is.

Iijambo en Swanu se sekretaris-generaal, mnr. Evilastus Kaaronda, het voorheen gesê die takvergadering was onwettig, en hul prokureurs Tjitemisa & Associates het verlede week aan Kandando geskryf en aangedring dat die buitengewone kongres nie voortgaan nie.

Iijambo het Maandag die redes vir die buitengewone kongres as ongegrond beskryf. In teenstelling met Kandando se uitlatings, sê Iijambo dat Swanu nou beter as tevore saamgestel is.

Hy sê Swanu het tans 28 takke landswyd en die party is in die proses om uitvoerende komitees in die streke op die been te bring.

Hy sê 'n sindikaat, waarvan sekere lede nou bekend is, saboteer die party sedert sy verkiesing as president in 2018.

“Volgens ons ondersoek, navrae en ontleding, wat voortspruit uit die voortgesette sabotasie, was dit die negende keer dat hulle in hul pogings misluk het om die leierskap te onttroon,” sê Iijambo.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!